advertisement
Question
Posted by: Marita | 2012-05-11

Pneumonia

My man het ''n week gelede baie skielik bitterlik siek geraak. Hy het die een oomblik nog niks makeer nie (GEEN simptome of pyne) en skielik erg kouekoors begin kry. Hy het so skielik vererger dat ek hom met moeite by ''n noodkamer kon kry, sy koors was toe 39 grade. Die dokter was ook baie dronkgeslaan met sy skielike siek toestand met geen ander pyn nie, behalwe dat hy gekla het van erge pyn in sy bene. Hy is in die hospitaal opgeneem. Sy witbloedtelling was baie verhoog en hulle het ook x-strale geneem. HUlle het op die ou end hom met pneumonia gediagnoseer. Dit bly net vir my vreemd dat hy geen griep simptome, borspyn, moelike asemhaling of iets gehad het nie, net die virusinfeksie? En ook die feit dat hy binne minute so verskriklik siek geraak het?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Marita

Jy noem ongelukkig nie hoe oud jou man is nie, maar in kinders en ouer mense is dit algemeen dat daar nie enige tekens van 'n bors infeksie teenwoordig is, maar wel 'n hoe koors ontwikkel en baie siek voorkom. In die geval van 'n oorweldigende infeksie en ook in die geval van 'n virilente patogeen, kan die persoon skielik siek raak, sonder 'n aanloop.

Groete




The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement