advertisement
Question
Posted by: Lois | 2010/02/15

Plato

Ek het al voorheen navraag gerig. Ek is gedianoseer met CIDP, ek is ook ' n tipe 2 diabeet. Ek gebruik die volgende medikasie: 8mg Coversyl, 25mg Ridaq, 0.01 Eltroxin, 25mg Atenolol, 1/2 Disprin, 150mg Lyrica x2, Symvastatin 10, Glucophage 850mg x2, 15mg Purata, NutriB, Cod Liver Oil, Vit E, Vit C, Selenium &  Sink. My dokter het vir my die ' Healthy eating plan for diabetics to loose weight'  gegee. Ek eet tans as volg: Ontbyt elke dag, 1 gekookte eier met All Bran/Oats/Matabela/Mieliepap, Middel oggend ' n vrug of 3 provitas met grondboontjiebotter, Middagete 1 tamatie, 1/4 komkommer, 1 stingel seldery, tuna vis of hoender sonder vel, 2 snytjies saadbrood met maaskaas, Middelmiddag soos oggend, Saans 175ml yoghurt. Ek drink so plus/minus 1.5 tot 2 liter water per dag, 1 koppie koffie en 1 of 2 koppies groen tee. Ek is 50kg oorgewig. Ek volg nou al die dieet vanaf middel Desember 2009. Ek het 7 kg verloor tot so 3 weke gelede, toe verloor ek niks meer nie. Ek weeg my een maal per week op Vrydae. Verlede Vrydag toe ek my weeg het ek egter 3kg opgetel. Ek weeg my toe weer Sondag en het toe weer 2 kg verloor. Ek het ' n nuwe elektroniese skaal en die ander gesinslede weeg reg. Ek het geensins van die dieet afgewyk nie. Hoekom tel ek gewig op? Ek gebruik Eltroxin al vandat ek so plus/minus 9 jaar oud is. Ek is nou 50. Bloedtoetse wat gedoen is gedurende Januarie 2010 wys my skildklier is normaal ek mag egter nie die Eltroxin los nie. Die drie maande suiker toets was 5.7. Die goeie cholesterol 4.4 en die slegte cholesterol 2.1. Het u dalk vir my raad? Ek kan ook nie eintlik oefening doen nie as gevolg van CIDP.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lois
Dit is heel moontlik dat mens se gewig tot 3 kg kan skommel van dag tot dag en ook selfs van die oggend tot die aand. Faktore soos waterretensie kan daartoe bydra. Jy neem so baie medikasies dat die ook moontlik is dat van die medikasies gewigsverlies teenwerk. Ek sal steeds aanraai dat jy 'n kliniese dieetkundige spreek om jou te help met 'n persoonlike dieetvoorskrif wat jou diabetes en CIDP sal help beheer en ook gewigsverlies sal aanhelp. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal vir jou help met 'n persoonlik dieetvoorskrif wat al hierdie faktore in ag neem - dit is immers nie iets wat jy uit 'n brosjure kan uitwerk nie. Jou toestand is te ernstig en dit is so belangrik dat jy wel gewig kan verloor, dat dit nou gebiedend word dat jy 'n dieetkundige spreek. Dit is ook nie iets wat ek vir jou oor die Internet kan doen nie.
Ek hou styf duim vas dat jy nou 'n dieetkundige sal raadpleeg en sal begin om jou diabetes te beheer en daardeur sal begin gewig verloor.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Lois | 2010/02/16

Baie dankie dokter en ook vir anoniem. Ek sal soek vir ' n kliniese dieetkundige. Groetnis.

Reply to Lois
Posted by: X | 2010/02/16

Beste Plato,

Jou liggaam wil nie gewig verloor nie - dis teen sy evolusionere " instink"  om gewig te verloor. Dit is al bewys dat die liggaam ' n sogenaamde " setpoint weight"  bereik en alhoewel dit graag en maklik die " setpoint"  opstoot, pas dit nie die " setpoint"  graag ondertoe aan nie. So wanneer jy gewig verloor bereik die liggaam ' n punt (gewoonlik vir iemand van middelmatige bou na ' n verlies van so 6 tot 8 kg) waar dit vir ' n ruk weier om verder gewig te verloor -selfs al hou jy heeltemal op eet. Maak vrede daarmee. Jou gewig gaan vir ' n maand (of selfs 2) stilstaan daarwyl jou liggaam baie teë sinnig sy " setpoint weight"  ondertoe aanpas. Daarna sal jy weer begin gewig verloor - weereens so 6 tot 8 kg voor dit weer gaan stilstaan. Probeer om in hierdie tyd nie weer gewig op te tel nie (en ek praat nie van die daaglikse skommeling van plus-minus 1 tot 3 kg wat normaalweg plaasvind nie - om verwarring te voorkom, weeg slegs in die oggend na jy geurineer en ontlas het, en voor jy enige iets eet en drink. Die daaglikse skommeling is gewoonlik agv van kos en water wat ingeneem is en nog nie weer uitgeskei is nie), want dit sal die ondertoe aanpassing van die " setpoint weight"  uitstel. Sterkte. Ek sit ook op die oomblik midde in ' n plato en kan nie wag dat die gewigsverlies weer begin nie....

Reply to X
Posted by: DietDoc | 2010/02/15

Beste Lois
Dit is heel moontlik dat mens se gewig tot 3 kg kan skommel van dag tot dag en ook selfs van die oggend tot die aand. Faktore soos waterretensie kan daartoe bydra. Jy neem so baie medikasies dat die ook moontlik is dat van die medikasies gewigsverlies teenwerk. Ek sal steeds aanraai dat jy 'n kliniese dieetkundige spreek om jou te help met 'n persoonlike dieetvoorskrif wat jou diabetes en CIDP sal help beheer en ook gewigsverlies sal aanhelp. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal vir jou help met 'n persoonlik dieetvoorskrif wat al hierdie faktore in ag neem - dit is immers nie iets wat jy uit 'n brosjure kan uitwerk nie. Jou toestand is te ernstig en dit is so belangrik dat jy wel gewig kan verloor, dat dit nou gebiedend word dat jy 'n dieetkundige spreek. Dit is ook nie iets wat ek vir jou oor die Internet kan doen nie.
Ek hou styf duim vas dat jy nou 'n dieetkundige sal raadpleeg en sal begin om jou diabetes te beheer en daardeur sal begin gewig verloor.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement