advertisement
Question
Posted by: tasha | 2009/02/02

PLASTIESE SNYKUNDE KOSMETIES

Ek is ' n vrou van 45 jaar oud woon in die Kaapprovinsie. Ek is desperaat vir plastiese snykunde vir my maag en vaginale snykunde wat deur ernstige skade na 4 swangerskappe en herhaaldelike gewigstoename veroorsaak is. Ek is ongelukkig nie finansieel in staat daartoe nie, en wil graag verneem of daar enige hospitaal in die Kaap is wat bereid sal wees om dit te doen soos bv. opleidingshospitaal, waar absoluut kundige spesialiste op hierdie gebied is. Ek het baie jare gelede borsrekonstruksie ondergaan en is absoluut geskend. ek is baie selfbewus en het '  n as jy dit so kan noem, op hierdie stadium geen selfbeeld oor my liggaam nie. Ek lyk ongelooflik sleg. Is daar dalk ' n instansie wat ek kan nader of wat dr kan aanbeveel. of my na toe kan verwys.Ek is ' n kroniese asmalyer, en dit moet absoluut kundige dr wees op die gebied, wat ek kan vertrou. Ek sal u hulp en advies opreg waardeer. Baie Dankie TASHA

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Tasha
Die enigste plek wat ek sou oorweeg is Groote Schuur hospital plastiese sjirurgie departement. Jy sal dalk 'n verwysing van jou dokter of naaste buitepasiente nodig hê om 'n afspraak by die kliniek te kry. Vaginal snykunde moet liefs deur die ginekologie departement gedoen word, so jy sal dalk twee verskillende operasies moet kry 'n paar maande uit mekaar. Mens kan ook nie te veel op een slag doen nie - jy sal dalk te veel bloed verloor.
Telephone: (0)21 4046288
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement