advertisement
Question
Posted by: Tanya | 2008/12/01

Pitswere

My seuntjie van 7 kry gereeld pitswere (cellulitis) op sy bene. Elke keer word antibiotika voorgeskryf wat hy klaarmaak. Dit pitswere gaan weg. Maar na ' n tydtjie kom dit maar weer. Ek kan nie dink dat dit goed is om hom elke keer antibiotika te gee nie. Ek het hom nou op ' n baie goeie Multi vitamien gesit om sy immuunstelsel op te bou asook CALC SULPH tissue salts. Sal dit help? Moet hy weer antibiotika kry? Is daar nog iets wat ek vir hom kan gee om sy immuunstelsel op te bou? Ek oorweeg Echinacea of knoffel kapsules. Ek wil regtig waar die antibiotika probeer vermy. Help asb. Baie dankie................

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Tanya
Dis baie keer as gevolg van 'n oorgroei van die kiem staph aureus op sy vel ( dit bly normaalweg op ons velle maar soms neem dit bietjie oor!) Bad hom met Hibiscrub seep wat jy by die apteek kry - pasop dat dit nie in sy ogies kom nie, dit brand erg! Hy moet sy eie waslap en handdoek gebruik en jy kan bactroban in sy neusie sit en tussen sy tone smeer 2 x per dag ( dis waar die kieme broei - warm en klam plekkies) en ook op enige plekkie sit wat lyk of dit wil begin infeksie kry - plak dan toe met 'n bandaid. Selfs al is dit 'n skrapie of muskietbyt. Dis goed om die vitamiene te gee, die tissue salts ken ek nie so goed nie. Echinacea help om infeksies te voorkom.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Vriendin | 2008/12/02

Hi jong, ek het dieselfde probleem met my seun gehad toe hy daardie ouderdom was. Ons het vir jare gesukkel totdat die dr eendag aanbeveel het dat ons vir hom ' n ysteraanvulling gee. Ek dink die naam is Ferrocebrin stroop (spelling?). Dit het fantasties gewerk en hy is vanag 29 jaar oud en het dit nog nie weer gekry nie. Ek weet jy kry nog die medisyne.

Reply to Vriendin
Posted by: Dalk help... | 2008/12/01

`n Goeie multivitamien is altyd `n goeie plan. " Brewers yeast"  mag dalk ook help. Ek het altyd probleme met my vel gehad en baie goed probeer van gesigsepe en ek weet nie wat nog alles van rome en aanspeer-oornag goed en wat alles nie, maar vandat ek begin brewers yeast drink het, het dit regtig baie gehelp.

My ma het my en my broer ook die knoffel pille en lewerolie pille gegee toe ons kleiner was veral vir die winter, maar meeste van die tyd die hele jaar deur. Zink is ook blykbaar `n baie mineraal vir jou vel, maar jy sal net moet seker maak van die dosisse vir jou seuntjie dat jy nie hom te veel daarvan gee nie.

Reply to Dalk help...

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement