advertisement
Question
Posted by: Raadop | 2010-10-28

Pille en probleme

Ek is tans op Melodene, voor dit Yasmin. Yasmin het regtig my liggaam nie goed gedoen, verskriklike swaar afskeiding veroorsaak, so erg dat dit verby pantyliners gaan, het ook veroorsaak dat ek baie minder hare op my lyf gehad het. Beter met Melodene, hare terug na normaal, afskeiding minder, maar moet elke liewe dag pantyliners gebruik. Ek weet dinge was nie so voor die pil nie en ek weet verseker ook dat ek nie ''n infeksie het nie. Het ook pille gestop op stadium en afskeiding was heelwat minder.Ek het gelees dat estrogeen die oorsaak is, toe vind ek uit daar is pille wat nie estrogeen bevat nie. Sal dit vir my die moeite werd wees om ''n progesteroon alleen pil te probeer om die afskeiding minder en verkieslik amper non-existent te kry? Ek wil net weer my lewe terug he sonder om altyd te worry oor afskeiding wat deurgaan op my klere, is ook nie lus om elke keer as ek regtig veilig wil voel ''n tampon te gebruik nie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Raadop
Ja, jy kan 'n progesteroon pil alleen probeer. Mens moet dit net presies op dieselfde tyd elke dag drink anders werk dit nie 100% nie.
'n Ander alternatief is die 3 maande progesteroon inspuiting of die Mirena intra uteriene apparaat. As die afskeiding geelgroen, waterig is en visserig ruik kan dit 'n Trichomonas infeksie wees. Het jy al 'n vaginale smeer gehad om te kyk?
'n "normale" afskeiding is spierwit, slymerig en ruik nooit sleg nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Raadop | 2010-10-28

Sorry, it was Yaz not Yasmin.

Reply to Raadop
Posted by: Cyberdoc | 2010-10-28

Hallo Raadop
Ja, jy kan 'n progesteroon pil alleen probeer. Mens moet dit net presies op dieselfde tyd elke dag drink anders werk dit nie 100% nie.
'n Ander alternatief is die 3 maande progesteroon inspuiting of die Mirena intra uteriene apparaat. As die afskeiding geelgroen, waterig is en visserig ruik kan dit 'n Trichomonas infeksie wees. Het jy al 'n vaginale smeer gehad om te kyk?
'n "normale" afskeiding is spierwit, slymerig en ruik nooit sleg nie.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement