advertisement
Question
Posted by: KAREN | 2009/10/16

PHEDRA CUT XT

HI DOC. BAIE DANKIE VIR U ANTWOORD, MAAR DIT LYK DAAR KORT N DEEL VAN U ANTWOORD. DANKIE

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Karen
Ek sien dat net deel van my antwoord op die skerm verskyn het. Hier is dus weer die antwoord wat ek vir jou uitgewerk het: EVODIA RUTAECARPA is ‘n plantekstrak wat bloedstolling teenwerk en die aptyt stimuleer. Dit is dus vir my duister hoekom ‘n middel wat aptyt stimuleer in ‘n verslankingsproduk ingesluit word.
CARRALUMA FIMBRIATA word gebruik om aptyt te onderdruk, maar studies tot nou toe kon hierdie effek nie bewys nie.
CAPSICUM is gewone Chili-peper (ryk aan vit C), maar dit kan baie irriterend wees vir mense met gastriese probleme en maagswere.
CITRUS AURANTIUM (30% SYNEPHRINE) - Hierdie bestanddeel onderdruk die aptyt, maar mens word besonder vinnig en maklik daaraan verslaaf en raak naderhand volkome afhanklik van hierdie verbinding. Die farmakologiese ekwivalent, epinefrien, is al in baie lande verban as gevolg van hierdie verslawende effek en ook omdat daar al sterftes voorgekom het onder verbruikers.
FUCOXANTHIN - ekstra van bruin seewie

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Dr I van Heerden | 2009/10/19

Beste Karen
Hier is die res van die antwoord:FUCOXANTHIN - ekstrak van bruin seewiere wat ook in diere aptyt onderdruk, maar dit is nog nie by mense bewys nie.
L-TYROSINE, IODOTYROSINE, en DIIODOTYROSINE - hierdie bestanddele is veronderstel om tiroï edfunksie aan te help, maar as dit per mond ingeneem word, sal dit verteer word en daar is geen bewys dat dit wel iets aan tiroï edfunksie sal doen nie.
BANABA - veronderstel om bloedsuikervlakke te beheer - tot dusver net op diere getoets.
NATURAL CAFFEINE - kafeï ne is ‘ n stimulant wat diuretiese eienskappe besit (water-afdrywing), maar dit behoort nie in oormaat geneem te word nie aangesien dit prikkelbaarheid, rusteloosheid, senuagtigheid, slaaploosheid, ens, veroorsaak. As jy sensitief is vir kafeï ne in gewone koffie, behoort jy nie produkte wat ‘ n hoë  inhoud van hierdie stimulant bevat, te gebruik nie. Kan ook maagswere vererger.
GREEN TEA EXTRACT (43%EGCG)- die enigste bestanddeel waar daar wel bewyse bestaan dat dit by die mens verslanking kan veroorsaak!
BIOPERINE - ekstrak van swart peper - dit help om absorpsie van supplemente aan te help, maar dra self nie by tot verslanking nie.
Dit wil voorkom dat die meerderheid van hierdie bestanddele, behalwe die groentee-ekstrak geen effek op verslanking sal hê  nie. Op die oog af lyk dit dat hierdie produk geen lakseermiddels bevat nie, maar wel meer as een bestanddeel wat jou maag en ingewande kan skaad.
Gebruik liewer groentee-ekstrak op sy eie saam met ‘ n gebalanseerde verslankingsdieet en oefening om gewig te verloor. Lees ook hierdie week se Topic oor die produk!
Groete
DietDoc

Reply to Dr I van Heerden
Posted by: DietDoc | 2009/10/17

Beste Karen
Ek sien dat net deel van my antwoord op die skerm verskyn het. Hier is dus weer die antwoord wat ek vir jou uitgewerk het: EVODIA RUTAECARPA is ‘n plantekstrak wat bloedstolling teenwerk en die aptyt stimuleer. Dit is dus vir my duister hoekom ‘n middel wat aptyt stimuleer in ‘n verslankingsproduk ingesluit word.
CARRALUMA FIMBRIATA word gebruik om aptyt te onderdruk, maar studies tot nou toe kon hierdie effek nie bewys nie.
CAPSICUM is gewone Chili-peper (ryk aan vit C), maar dit kan baie irriterend wees vir mense met gastriese probleme en maagswere.
CITRUS AURANTIUM (30% SYNEPHRINE) - Hierdie bestanddeel onderdruk die aptyt, maar mens word besonder vinnig en maklik daaraan verslaaf en raak naderhand volkome afhanklik van hierdie verbinding. Die farmakologiese ekwivalent, epinefrien, is al in baie lande verban as gevolg van hierdie verslawende effek en ook omdat daar al sterftes voorgekom het onder verbruikers.
FUCOXANTHIN - ekstra van bruin seewie

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement