advertisement
Question
Posted by: Marinda | 2008/07/09

Peusel

Ek is een van daardie mense wat 'n groot probleem het met peusel. Ek is gedurig "honger" en altyd op soek na iets om aan te kou tussen maaltye.

Ek eet daagliks 2 vrugte (appel en 'n piesang) sowel as 'n porsie gemengde groente saam met my hoofmaal.

Sal dit my kj inname aansienlik verhoog as ek "peusel" aan groente tussen maaltye. Ek oorweeg dit om vir my wortels, komkommer, tamatie, ens. saam te bring kantoor toe en tussen maaltye daaraan te eet, maar ek wil nie graag hê my kj inname moet verhoog nie aangesien ek graag ongeveer 5kg wil verloor.

My probleem is dat ek gereeld lus word vir soetgoed. Hoe kan ek hierdie gewoonte met gesonde kos vervang?

Kan u vir my idees gee van hoe om die groente peuselhappies meer interessant, maar ook vetvry te hou?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Marinda
Eintlik soos ek net nou vir Phil verduidelik het (sien hieronder), sal peusel aan lae-vet, lae-kJ kosse of 6 klein maaltye per dag gewigsverlies aanhelp. Die kosse wat jy noem soos wortels, komkommer, tamatie, en ook seldery, sal nie jou energie-inname ontspoor nie. Wat soetigheid aanbetref, sal dit miskien werk as jy kunsmatig versoete kougom gebruik want dit soet smaak flous die liggaam om te dink dat jy iets soets geëet het, maar jy kry geen kJ in nie. Jy kan ook lae-kJ vrugte soos appels, pere, pruime, bessies (bv. aarbeie) en sitrusvrugte eet as jy lus is vir soetigheid - almal van hierdie vrugte het 'n betreklik lae energie-inhoud, bevat geen vet nie en is boonop baie gesond.
Geniet die peusel
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement