advertisement
Question
Posted by: Tessalee | 2008-11-03

persian

Ek het ' n 1jaar oud mannetjie persiese kat. Is dit ' n MOET dat ek hom laat regmaak? Wat sal gebeur met hom as ek hom nie regmaak nie? Hoelank sal hy lewe? En hoelank sal hy lewe indien ek hom regmaak?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Hallo Tessalee

Jy MOET niks. As jy dit nie doen nie sal hy heel waarskynlik orals in die huis begin merk en jou huis mag moontlik na uriene ruik. Hy sal ook sterker ruik as hy nie reggemaak is nie (party sal dit stink noem). Hy sal ook in meer gevegte betrokke raak en in die lente vir 'n paar dae rondloop om jy nageslag te bou.

Hoe lank hy sal lewe hang af van hoe slim hy is om onder die karre uit te bly en hoe vinnig hy is om vir die honde weg te hardloop.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Carol | 2008-11-04

Give me strength !!!!!

The mentality of some people absolutly astounds me !!!!

Reply to Carol
Posted by: Samantha | 2008-11-03

Ek het ' n mannetjie siamesekat (nie opreg) gehad en hy het eenkeer vir ' n hele week weg geraak en nadat hy terug gekom het het hy na ' n week of 2 dodelik siek geraak, hy het verskriklik maer geword en het glad nie gedrink of geeet nie hy het ook baie sleg geruik! Hy het binne 2 dae so siek geword, toe ons hom vearts toe gevat het, was selfs hy geskok gewees en ons het maar besluit om hom te laat gaan want die doktor kon nie vir ons se of hy gesond gaan word nie! So ek sal se dat dit beter is om hulle reg te maak want dan verminder dit die kanse dat so iets met julle ok sal gebeur dis baie beter, want dan merk hy nie ok alles nie, en dit kan nogal stink as hulle dit begin doen!

Reply to Samantha
Posted by: Mandi | 2008-11-03

Wag, laat ek gou my kristal bal afstof en kyk wat se hy...

Niemand kan se hoe lank jou kat gaan leef nie, maar daar is baie voordele om hom te laat regmaak:
1. As hy ' n buite kat is, kan hy honderde ongewensde katjies " father"  gedurende sy leeftyd.
2. Die kanse dat hy verskillende kankers kan kry is groot as hy nie reggemaak word nie.
3. Hy kan een dag uit die bloute besluit om jou huis, of die bure se huis te begin merk. Dink aan urine op jou bed of teen die mure en gordyne.
4. Hy sal probably baie baklei, wat beteken hy gaan jou en die bure wakker hou in die nagte en huistoe kom met krappe en skrape wat absesse kan word.

Laat dit eerder doen, vir julle altwee se onthalwe.

Reply to Mandi

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement