advertisement
Question
Posted by: Eugene | 2012/06/11

Paracetamol

Hallo dokter

Ek is ''n 34 jarige man met hoe bloeddruk. Ek neem Diovan 80mg asook Adco-Bisocor 5mg in die oggend vir die. Ek is so 3 jaar gelede ook gediagnoseer met interstisiele sistietis en neem Trepeline 50mg en Rivotril 0.5mg in die aand.

Ek het verlede jaar ''n pynspesialis gaan sien om te kyk of ''n mens nie die kondisie beter kan beheer nie. Hy is baie goed in wat hy doen en het voorgestel ek moet op Lyrica gaan (hy het my gediagnoseer met kroniese pyn sensitasie sindroom). In die begin het dit die blaas effens geirriteer en ek neem 75mg bd.

So ''n maand terug het ek die dosis verdubbel (met die dokter se toestemming). Als het ok gegaan maar so twee weke terug het ek gewrigspyne begin kry. Ek het vermoed dalk is dit die Lyrica en het terug gegaan op 75mg bd met geen verbetering nie. Die Lyrica help regtig baie goed vir my blaaskondisie.

Ek kan glad nie NSAID neem nie dit brand my maag en blaas. My GP weet nie hoekom ek gewrigspyne kry nie. Ek drink Tramacet vir die pyn. Dink u dit sal gepas wees om terug te gaan na die pynspesialis vir ''n ondersoek? Ek hou nie daarvan om so half in die lug te hang met geen diagnose nie.

Enige raad sal wardeer word.

Baie groete en dankie vir jou moeite met die forum.

Eugene

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Eugene

Dit is 'n uitstekende idee om die pynspesialis te herkonsulteer. Lyrica is 'n baie goeie produk om te gebruik en ek is nie bewus van gewrigspyne as 'n newe-effek nie.

Groete



Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement