advertisement
Question
Posted by: Helena | 2012/03/06

Pankreas &  galblaas

Goeie mô re dokter

Ek hoop dit gaan goed aan u kant. Weer ''n slag tyd om vir dr te " bombaardeer"  met ''n paar vrae. Eers gou goeie nuus, ek het ander werk gekry!!! Ek begin die 2de April. (yay)

Ok, nou die vrae: Die dr van die Diascan het genoem dat ek my pankreas mooi sal moet begin oppas. Watter voedsel is goed en watter sleg vir mens se pankreas? Wat moet ek heeltemal probeer vermy.

Die scan het gewys ek het galblaas infeksie. Nou moet mens mos dr toe gaan om toetse te doen en al so aan, maar ek het gewonder, watter kosse moet mens vermy as hulle jou galblaas verwyder of as jy gal infeksie het?

Verder met die gym en dieë et gaan dit goed. Het nog niks verloor nie, maar ek kom agter my " figure"  kry vorm. So ek " smile, smile, smile" 

Dankie vir die goeie advies altyd.

DOKTER IS TOPS!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Dankie vir jou mooi woorde wat ek altyd waardeer. Ek is ook bly vir jou onthalwe oor die nuwe werk. Die dr van die Diascan het waarskynlik nie vir jou verduidelik dat daar 'n verskil tussen die pankreas en die lewer is nie. Die lewer huisves die galblaas wat eintlik net 'n soort 'kruik' is om die gal wat deur die lewer geproduseer word, te stoor. Die gal wat in die galblaas gestoor word, word dan in die spysverteringskanaal gestort om vette te help absorbeer. Die probleem is dat sommige mense te veel vet eet en dan oormatig gal produseer wat as galstene presipiteer. Indien die galstene te groot is om deur die dun pypie van die galblaas te beweeg, dan moet dit verwyder word. Gelukkig kan die moderne drs deesdae meestal die galstene met lasers stukkend skiet sodat dit weer deur die buisies kan beweeg en uitgeskei kan word sonder dat hulle 'n groot operasie hoef te doen nie. Die pankreas is nou weer die klier wat insulien maak wat ons nodig het om suiker uit die bloed tot in die selle te vervoer. As jy jou galblaas en lewer wil beskerm, moet jy minder vet eet. As jy jou pankreas wil vertroetel, moet jy sorg dat jy lae-GI kosse eet. Indien jy simptome van galblaas ontsteking het, soos buikpyn, dan moet jy asb. jou mediese dokter gaan sien.
Lekker oefen en lekker werk!
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/06/29

Ek wil graag raad en hulp he. My man is die afgeloope 3 na 4 jaar wat hy sukkel en wil nie dokter toe gaan nie, Hy was 2012 by die Hospitaal en die dokter het gese hy dink hy het blaas kanker, hulle toetse gedoen en 'n sample van sy blaas binne geneem en weggestuur vir toetse, ons het nooit die uitslae ontvang nie want hulle se dit het weggeraak en hul system het opgepak. Hy wil nie weer dokter of hospital toe nie en se wat hulle laas gedoen het was te seer om weer oor te doen. Hy sukkel met blaas infeksie en dit pyn baie. Hy het 'n metaal of yster agtige smaak in sy mond en kan niks pro nie. Hy se sy kop voel duk en kan hy nie helder dink nie. Dit gaan met tye baie goed dat hy niks maker nie en dan se hy voel hy iets op sy maag en voel soos winde wat afsak en so halwe dag daarna begin die pyne en die smaak in sy mond. Hy drink dan baie koeksoda in water opgelos, pyn pille, Kim o dene, vitamin pille ens... Kan iemand min of meer vir ons se wat hulle dink dit is.

Reply to Anonymous
Posted by: Caroline Husselmann | 2016/06/23

Reply to Caroline Husselmann
Posted by: Santa | 2015/12/05

Ek braak net wit slym en het verskriklike maag pyn op my maag kan nie water of enige vloeistof in hou ni wat is fout die pyn is onhanteerbaar

Reply to Santa
Posted by: Wanda | 2012/03/13

Naand Diet Doc

Ek google myself blou! Ek het ''n mantevlies breuk, snytjies op my maag wand en 2 galstene. Ek het vandag uitgevind. Ek het so 2 maande terug baie pyn gehad agv die stene. Ek sukkel om uit te vind wat ek kan en nie kan eet nie. Dit blyk sommige goed kan nie geeet word met die breuk maar is reg vir galstene. Ek gaan nie nou al opt vir operasies nie. Wag en kyk game speel. -) Wil egter reg eet.. Kan Doc dalk help?

Reply to Wanda
Posted by: DietDoc | 2012/03/06

Beste Helena
Dankie vir jou mooi woorde wat ek altyd waardeer. Ek is ook bly vir jou onthalwe oor die nuwe werk. Die dr van die Diascan het waarskynlik nie vir jou verduidelik dat daar 'n verskil tussen die pankreas en die lewer is nie. Die lewer huisves die galblaas wat eintlik net 'n soort 'kruik' is om die gal wat deur die lewer geproduseer word, te stoor. Die gal wat in die galblaas gestoor word, word dan in die spysverteringskanaal gestort om vette te help absorbeer. Die probleem is dat sommige mense te veel vet eet en dan oormatig gal produseer wat as galstene presipiteer. Indien die galstene te groot is om deur die dun pypie van die galblaas te beweeg, dan moet dit verwyder word. Gelukkig kan die moderne drs deesdae meestal die galstene met lasers stukkend skiet sodat dit weer deur die buisies kan beweeg en uitgeskei kan word sonder dat hulle 'n groot operasie hoef te doen nie. Die pankreas is nou weer die klier wat insulien maak wat ons nodig het om suiker uit die bloed tot in die selle te vervoer. As jy jou galblaas en lewer wil beskerm, moet jy minder vet eet. As jy jou pankreas wil vertroetel, moet jy sorg dat jy lae-GI kosse eet. Indien jy simptome van galblaas ontsteking het, soos buikpyn, dan moet jy asb. jou mediese dokter gaan sien.
Lekker oefen en lekker werk!
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.