advertisement
Question
Posted by: Wendy | 2012/09/07

Paniekaanvalle

Goeie dag Dokter

Ek het raad nodig of altans informasie oor die volgende:
Ek kry " paniekaanvalle"  vir `n paar jaar al en wonder of dit wel paniekaanvalle is en of daar enige skade verig word wanneer dit gebeur?
Eerstens gebeur dit selfs wanneer ek nie paniekerig is of gestress is nie, ek kan tande borsel of inkopies doen, dan gebeur dit.
Wat gebeur is, my hart klop ontsettend vinnig uit die bloute, my asem slaan weg en ek begin lighoofdig voel, dit kan soms aanhou vir 20 minute en as dit `n erg aanval is wat so lank duur, begin my bors seer raak tydens die aanval.
Soos ek se, dit gebeur ongereeld en op tye wat ek baie ontspanne is so ek weet nie of dit wel geklasifiseer word as `n " paniekaanval"  nie....kan u my dalk help?
Ek was al by 3 dokters oor die probleem, die eeste een het gese ek het dalk `n hartklep wat lek, die volgende een het gese dit kan wees van lae suiker en die derde een het gese dis net `n paniekaanval, so ek weet nie wat dit nou eintlik is nie.
Wat kan ek doen of vat wanneer dit gebeur?

Dan het ek ook die snaakste ding wat met my meestal snags gebeur, ek hoor my hart klop in my linkeroor, dis soms so hard dat ek nie mooi kan hoor nie, dit het altyd gebeur as ek `n hoofpyn het, maar nou is dit elke aan sonder `n hoofpyn, is dit normaal?

Hoop u kan my help

Groete
Wendy

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Wendy

Jy moenie jou simptome aan 'n paniekaanval toeskryf nie. Ek stel voor dat jy 'n kardioloog vir ondersoeke konsulteer. Dit is moontlik dat jou simptome toegeskryf kan word aan 'n hart toestand waar die elektriese geleiding abnormaal is. Die spesialis sal ook bloedtoetse moet doen om vas te stel of jy nie anemies is of aan skildklier probleme lei nie.

Dit is nie abnormaal om jou hartklop te hoor net voor jy gaan slaap nie.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement