advertisement
Question
Posted by: MamaChalla | 2009-02-26

Panic Attacks

Ek het al die afgelope maand hartkloppings oor die volgende - voel of ek een of ander tyd net gaan uit" pass"  / ek nie asem kry nie ( dink dis " panic attacks" ) :

1. So sukkel ek om my studies uit te sorteer. Ek was heel hoopvol, want van my vriende het my verwys na ons plaaslike Universiteit &  Technikon, maar na vele e-mails, fakse, telefoonoproepe en besoeke.......... niemand kan my help met my kursus nie. Word van bakpoort na stuurboord gestuur en ek is nou al heel moedeloos!!!!
Al het ek al amper my graad klaargemaak, kan ek nie ' n kursus by die Universiteit doen nie, want ek het nie verpleeg agtergrond nie (al werk ek al 13 jaar in ons gesondheidsdepartement?) en ek het nie ' n graad nie....... ag ek weet nie meer nie.
Unisa is ook nie van enige hulp nie. Ek het maar geregistreer (op die sluitingsdatum, omdat ek so gesukkel het om uit te vind oor my vakkeuse), maar nou het hulle my geregistreer vir die 2de semester????? Wat doen ek nou die semester?

2. My seuntjie is nou op sy terrible two' s en een oomblik so oulik ek wil hom net opsoen - praat so oulik, en dan die volgende oomblik gooi hy die vreeslikste tantrums! Hy huil as hy iets kry, huil as hy NIE iets kry nie, huil net....... ek probeer sterk staan, maar dis so moeilik as ek ook voel of ek enige tyd OOK in trane kan uitbars (het die naweek ook sommer net begin huil)!

3. Ek en Manlief sukkel al ' n jaar om swanger te raak en ek voel soos ' n mislukkig! Ek is oorgewig - voel ek nou MOET eet sodat ek " lyk of ek swanger is"  al IS ek nie swanger nie - maak dit sin?
Ons click ook net nie lekker nie.......voel of ek heeltemal alleen is en hy net aandag gee aan ons seuntjie (hoe kan ek jaloers wees op my hart se punt?) Hy is baie weg van die huis af en sukkel dan alleen met hart se punt (HSP -seuntjie), maar as manlief by die huis is, sukkel ek meer, want hy help nie met huishoudelike werk nie. Hy dink hy werk ook die hele dag en is besig met sport in die middag, maar EK WERK OOK DIE HELE DAG, en dan moet ek huistoe kom en kosmaak, aandag gee aan HSP, bottels was, skoolsak pak, hom bad (manlief help darem partykeer daarmee), maar ek moet hom steeds in die bed sit. Dan is dit 20H00. Dan moet ek kombuis skoonmaak, HSP se bottels regkry vir die volgende dag en dan gaan swot.........by daai tyd is ek doodmoeg en het net die krag vir manlief nie en is geiriteerd omdat ek alles alleen moet doen!
Praat op hierdie stadium die minimum met hom, want ek is so kwaad in my binneste, wil net op hom skreeu en huil omdat ek so ongelukkig is.

4. Manlief se Pa is 2 maande terug skielik oorlede en sukkel om dit te verwerk. Weet manlief sukkel ook en HSP mis sy Oupa. Maar ek mis hom ook, maar ek moet na almal kyk en sterk wees.

5. Ek is net lewensmoeg, voel of ek krag het vir niks!


Het die Dr. vanoggend gebel, want ek kan nie aanhou om so te voel nie. Dalk kan sy my iets gee, maar ek is so bang om iets te drink wat ons kanse op swangerskap minder sal maak?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Certainly sounds like panic attacks. Best to see a good local psychiatrist for a full assessment and diagnosis, and then a discussion of treatment options, which should probably include medication and CBT counselling.
As for your studies, I thought every reputable educational institution was expected to have academic support programs and student counselling to help with suich difficulties.
Have you had proper medical avice about the difficulty in becvcomin pregnant ? It might be something relatively easy to solve. I understand the idea of eating to be fat enough to look pregnant --- but surely it is YOU who is worried about not being pregnant ( and you know it's only fat )--- and not other people, who, if it bothers them, should be told to mind their own business. And if they are paying attention, wouldn't they wonder why the apparent pregnancy continues for years ? Losing weight and exercising better might indeed enhance your fertility.
Marriage counselling could be a good idea, too. You both work, and that i so as to live. Sport is an optional extra, and shouldn't be considered any excuse for not pulling one's weight at home, any more than he'd be happy if you did nothing at home, and said you were watching TV.
And cck with your doctor, maybe aport from everything else, you could be Depressed, which responds well to treatment with medications and CBT counselling

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement