advertisement
Question
Posted by: Elaine | 2011-07-17

Pampoentjies

Dokter, my seun is 16 en het ''n week terug tekens van pampoentjies aan die regterkant van sy gesig begin toon. Die swelsel is nou al baie minder en hy het nie meer pyn of ongemak nie - ek wil graag weet of dit gevaarlik sou wees as hy aan ''n hokkiewedstryd deelneem 2 weke na die swelsel verskyn het. Kan die virus nog in sy liggam wees ? Kan dit sy hart aantas ? 3 van sy vriende het in die Junie vakansie in die hospitaal beland met swelsel van die testes , en mens wil nie onnodige risiko''s neem nie .
Baie dankie .

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Elaine

Ek stel voor dat hy nie aan die hokkiewedstryd deelneem nie en ten minste drie weke wag na die akute infeksie en swelling van die kliere. Dit is belangrik dat hy simptoom vry is en die swelsel totaal verdwyn het. Enige verandering of swelling van die testes, moet onmiddelik aan sy dokter rapporteer word.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement