advertisement
Question
Posted by: Eva | 2012/09/18

Pampoenpitte en sonneblom sade

Middag dr Ingrid

Gaan goed met Eva en haar diet intriges.....die storie gaan maar aan. Hopelik nie tot sy eendag 60 is nie.

Het gehoor pampoen en sonneblomsade is voordelig. Hoeveel per dag is nodig, om die beste voordeel te kry sonder om onnodige kilojoules in te neem, wat nou weer op die heupe en boude gaan sit nie.

Dan het ek ook gehoor dat dit goed is om ELKE dag 10 amandels te eet en een vrug as jy insulienweerstandig is.

Groete
Annemarie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Annemarie/Eva
Goed om weer van jou te hoor. Is jy seker dat Eva die appel vir 'n pampoen wil verruil? Nou grappies op 'n stokkie: Pampoen is ryk aan beta-karoteen, en bevat baie min kJ - net 85 kJ per 100g, maar onthou tog dat dit 'n Hoë-GI kos is(GI = 75). Sonneblomsade is weer ryk aan poli- en mono-onversadigde vette en vesel, met 'n lae GI, maar het 'n hoë kJ-waarde van 2386 kJ/100g (716 kJ per 30 g porsie!). Met die twee kosse sal ek dus aanraai dat jy 'n halwe koppie gaar pampoen saam met ander kosse as deel van 'n maaltyd eet en nie meer as 1 eetlepel (30g) sonneblomsaad per dag. Amandels soos alle neute het 'n lae GI, is ryk aan poli- en mono-onversadigde vette en het 'n hoë kJ-waarde van 2451 kJ/100g. Weeg gerus 10 amandels om te sien hoeveel dit weeg dan kan jy bereken hoeveel energie dit bevat. Vrugte is altyd gesond, maar persone met insulienweerstandigheid baat meer by vrugte soos appels, pere, pruime, sitrusvrugte en bessies wat almal 'n lae GI onder 50 het, as om tropiese vrugte soos piesangs en papaja in groot hoeveelhede te eet (middelmatige GI rondom 59). Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/09/18

Beste Annemarie/Eva
Goed om weer van jou te hoor. Is jy seker dat Eva die appel vir 'n pampoen wil verruil? Nou grappies op 'n stokkie: Pampoen is ryk aan beta-karoteen, en bevat baie min kJ - net 85 kJ per 100g, maar onthou tog dat dit 'n Hoë-GI kos is(GI = 75). Sonneblomsade is weer ryk aan poli- en mono-onversadigde vette en vesel, met 'n lae GI, maar het 'n hoë kJ-waarde van 2386 kJ/100g (716 kJ per 30 g porsie!). Met die twee kosse sal ek dus aanraai dat jy 'n halwe koppie gaar pampoen saam met ander kosse as deel van 'n maaltyd eet en nie meer as 1 eetlepel (30g) sonneblomsaad per dag. Amandels soos alle neute het 'n lae GI, is ryk aan poli- en mono-onversadigde vette en het 'n hoë kJ-waarde van 2451 kJ/100g. Weeg gerus 10 amandels om te sien hoeveel dit weeg dan kan jy bereken hoeveel energie dit bevat. Vrugte is altyd gesond, maar persone met insulienweerstandigheid baat meer by vrugte soos appels, pere, pruime, sitrusvrugte en bessies wat almal 'n lae GI onder 50 het, as om tropiese vrugte soos piesangs en papaja in groot hoeveelhede te eet (middelmatige GI rondom 59). Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.