advertisement
Question
Posted by: Cat | 2012/07/03

Pa se drinkgewoontes?

Hi dok.
EK het ''n vragie. My pa is nou 65, en hy''t diabetes al so 18 jaar. Ek is nie seker watter tipe nie, hy drink pilletjies as sy suiker te hoog gaan...hy veronderstel om dit daagliks te drink...wat hy nie doen nie. Hy drink verskriklik, en ek praat nie van koeldrank nie.
So my vraag is, hoe gevaarlik is dit. En as ek se hy drink baie, praat ek van min of meer ''n bottel per dag. Hy het nou saam my man gaan jag, en my man se hy het op een dag ''n klomp biere gedrink, en dan het hy nog die aand ''n hele bottel whiskey uitgesyp. Hoe werk dit saam met diabetes. Hy kla deesdae oor pyn in sy lae ruk, maar ek wonder of dit nie dalk sy niere is wat begin oppak agv die drinkery nie. Hy is ''n volslae alkoholis, en niks gaan hom reg ruk nie. Ons het al probeer, al wat ek wil weet, is hoe lank hy nog met ons gaan wees?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Cat

Ongelukkig is sy leefstyl nie vereenselwigbaar met 'n gesonde oudag nie. Diabetes en alkolisme werk glad nie saam nie. Indien hy voortgaan met sy slegte gewoontes, het hy 'n baie hoe risiko vir hart probleme, pankreatitis, erge ongekontroleerde diabetes en beroertes. Ek kan nie voorspel hoe lank dit gaan neem voor hierdie komplikasies intree nie.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: billy | 2012/07/04

Niemand sal weet hoe lank hy nog saam met julle gaan wees nie, want daai besluit le in iemand anders se hande., maar hy is besig om sy liggaam te vergiftig teen ''n helse spoed.Vasbyt

Reply to billy
Posted by: Die Pessimus | 2012/07/03

WHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHA

Dit kom nou van baie suip....

Reply to Die Pessimus

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement