advertisement
Question
Posted by: Anina | 2010/05/22

Owerspel

My man het owerspel gepleeg en ek het hulle uitgevang wat se die reg oor owerspel kan ek daarvoor eis teen hom of haar?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageFamily law expert

In die onlangse saak van Wiese v Moolman is daar bevestig dat owerspel wel 'n grond is om skadevergoeding van 'n derde party te eis.

Owerspel druis direk in teen die eggenote se onderneming teenoor mekaar en die buitewêreld om slegs binne die huwelik seksueel te verkeer. As sodanig beskou ons reg dit as 'n inbreuk op 'n versameling persoonlikheidsregte wat vir elke eggenoot uit die huwelik spruit. Die oortuigings van die gemeenskap is dat die uitsluitlike seksuele verhoudings wat die huwelik meebring gerespekteer moet word en dat dit onregmatig is om daarmee in te meng. Regspolities is dit in elk geval noodsaaklik om die uitsluitlikheid van seksuele verhoudings waartoe eggenote hulleself verbind het, te beskerm teen inmenging deur derdes. Dit is derhalwe nie korrek dat die opvatting dat owerspel 'n iniuria daarstel onbestaanbaar is met, en 'nie in harmonie met die moderne konsepsie van die huwelik is nie'. Die actio iniuriarum vir skadevergoeding vir owerspel druis nie in teen die Handves van Regte in hoofstuk 2 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, meer in besonder artikels 9, 10, 15 en 18 daarvan nie. Sodanige aksie bestaan nog steeds in die Suid-Afrikaanse reg en behoort nie afgeskaf te word nie.

Die eiser is in 1987 met Lettie Wiese getroud. Die huwelik is in 2003 by wyse van egskeiding ontbind. Die eiser het beweer dat die verweerder gedurende die bestaan van die huwelik met die gemelde Lettie Wiese owerspel gepleeg het. Op grond van die beweerde owerspel het die eiser teen die verweerder aksie ingestel vir skadevergoeding. Die verweerder het aangevoer in 'n spesiale pleit dat 'n aksie gegrond op owerspel nie meer bestaansreg het in die Suid-Afrikaanse reg nie en afgeskaf behoort te word.

Ons reg erken en beskerm 'n wye verskeidenheid van persoonlikheidsregte. Ingesluit daarby is elke persoon se reg op sy of haar eer en waardigheid. Verder is daarby ingesluit 'n versameling van persoonlikheidsregte waarna prof Neethling (Neethling Persoonlikheidsreg 4 uitg op 35 en verder) as die reg op die gevoelslewe verwys. Sommige van die persoonlikheidsregte word uitdruklik in die Handves van Regte beskerm, en ander by implikasie.

Daar kan op 'n wye verskeidenheid van maniere inbreuk gemaak word op mense se persoonlikheidsregte. Ons reg erken dat een manier waarop daar op 'n getroude persoon se persoonlikheidsregte inbreuk gemaak kan word, is deur owerspel met daardie persoon se eggenoot te pleeg ( Viviers v Kilian 1927 AD 449 op 450). Die eersgenoemde eggenoot (die onskuldige eggenoot) kan teen die derde party wat met die ander eggenoot (die skuldige eggenoot) owerspel gepleeg het, die actio iniuriarum instel en, indien die elemente van die aksie bewys word, genoegdoening van die derde verhaal ( Foulds v Smith 1950 (1) SA 1 (A).

Owerspel is 'vrywillige geslagtelike verkeer tussen 'n getroude persoon en iemand anders as sy of haar gade'. Om te oorweeg of owerspel wel plaasgevind het, is dit nodig om eers te oorweeg waarom ons reg vrywillige geslagsverkeer tussen twee persone as 'n iniuria teen iemand anders (die onskuldige eggenoot) beskou.

Die belang en uniekheid van die huwelik as instelling is al by herhaling deur howe in sowel ons land as in ander lande beklemtoon. Dit is geyk dat huwelikspartye hulleself vrywillig daartoe verbind om saam te woon, mekaar te onderhou, mekaar te ondersteun, uitsluitlik binne die huwelik seksueel te verkeer en aan mekaar getrou te wees. Uit die aard van die intieme persoonlike verhouding waarop die huwelik gegrond is, aanvaar ons reg dat daar uit daardie verhouding vir elkeen van die huwelikspartye 'n versameling persoonlikheidsregte voortspruit wat deur buitestaanders gerespekteer moet word. Die eggenote se onderneming teenoor mekaar en teenoor die buitewêreld
Die huwelik is nie slegs 'n onderneming tussen eggenotes nie, maar word regtens gereël en vir openbare kennis geregistreer. om slegs binne die huwelik seksueel te verkeer en om aan die huweliksverhouding getrou te wees, is wesenlik tot die huwelik en kan nie by ooreenkoms uitgesluit word nie. Owerspel druis direk teen daardie onderneming in.

In praktyk word gewoonlik beweer dat die owerspel contumelia (belediging, hoon) teenoor die onskuldige eggenoot daarstel en dat dit die consortium wat uit die huwelik voortspruit, aangetas het. Wat die bewering dat die owerspel contumelia daarstel betref, word owerspel as beledigend teenoor die onskuldige eggenoot beskou nie. Owerspel word meer algemeen as 'n iniuria beskou: dit tas volgens die stand van ons reg die eer, waardigheid en die gevoelslewe van die onskuldige eggenoot aan.

Die term consortium is een van daardie wye, ondefinieerbare begrippe wat nogtans 'n goed verstaanbare betekenis dra. Dit behels onder meer die samesyn, die kameraadskap, die wedersydse vertroue, liefde en ondersteuning wat vir die eggenote uit die huwelik voortspruit. Die presiese aard en inhoud van consortium verskil van huwelik tot huwelik: elke man soen sy vrou op sy eie manier. Uit hoofde van die huwelik het elke eggenoot 'n persoonlikheidsreg op die consortium . Ons reg aanvaar dat owerspel as algemene stelling daardie consortium versteur en so op die reg daarop inbreuk maak. Die onskuldige eggenoot kan ook vermoënsverlies vorder wat hy/sy as gevolg van die verlies aan consortium ly.

Om op te som: owerspel druis direk in teen die eggenotes se onderneming teenoor mekaar en teenoor die buitewêreld om slegs binne die huwelik seksueel te verkeer. As sodanig beskou ons reg dit as 'n inbreuk op 'n versameling persoonlikheidsregte wat vir elke eggenoot uit die huwelik spruit. Dit volg dat dit die oortuigings van die gemeenskap is dat die uitsluitlike seksuele verhoudings wat die huwelik meebring, gerespekteer moet word en dat dit onregmatig is om daarmee in te meng. Regspolities is dit noodsaaklik om die uitsluitlikheid van seksuele verhoudings waartoe eggenote hulleself verbind het, te beskerm teen inmenging deur derdes.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: family law expert | 2010/05/22

Reply to family law expert

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.