advertisement
Question
Posted by: HOPEFUL | 2010-01-21

OUERS EGSKEIDING

My ma en biologiese pa is geskei toe ek 3 jaar oud was. Ons is 4 kinders en het tans geen -|- ak met my biologiese pa nie alhoewel ons weet waar hy woon.Daar was vir ons in ons kinderjare vertel my ouers is geskei omrede my pa jaloers was en omdat hy my ma gelos het vir haar vriendin. My ma het toe getrou met my stiefpa.Ons noem hom Pa want hy het ons aangeneem as sy eie kinders en hy is vir ons die enigste Vader figuur wat ons ken.Toe ek 16 jaar oud was het my ma my huis toe gebel om ’ n dokument op te soek by die huis.Daar het ek dokumente gesien van toe sy en my biologiese pa geskei is.Daar was een dok wat gese het my biologiese pa moet onderhoud betaal vir die oudste en die 2 jonger kinders.Daar was ook ’ n dok waar daar bloedtoetse gedoen was op my as kind en dan staan daar in dat ek wel my biologiese pa se kind is.Ek het toe tot die gevolgtrekking gekom dat as ons 4 kinders is, en ek is my biologiese pa se kind maar hy moes net onderhoud betaal vir die oudste en 2 jonger kinders moet die 2 de oudste kind mos my boetie wees..Ek het my ouma daaroor uitgevra en sy het toe vir my vertel dat my broer x ’ n ander man (my biologiese pa se vriend) se kind is.Ek was 18 toe ek my ma hieroor konfronteer het.Sy het my vertel dat my broer ’ n ander man se kind is.Skielik het die prentjie van die vrou wat ek as my ma ken heeltemal verander.Skielik het ek verstaan waarom my biologiese pa jaloers was en dalk self rondgeloop het want my ma het dan ’ n affair gehad met sy vriend!So 3 en ’ n half jr terug het ek vir my ma gevra as my broer dan nie my biol pa se kind is nie of dink sy hy moet weet wie sy regte pa is? Sy het toe gevra sy wonder of die man nog leef en sy dink sy moet my broer vertel.Ek het die man opgespoor en my ma gese dat ek weet waar hy is ens en dat ek -|- aknommers het van hom.Ek het dit egter nooit vir haar gegee nie.Die volgende ding wat toe gebeur is dat my ma my skakel en sê  sy het -|- ak gemaak met die man en hy wil my broer sien en dat hulle dink my broer moet weet wie sy regte pa is.My ma het ook vir hom gese dat hy haar nie sal herken nie want sy het so baie gewig opgetel ens en hy het glo vir haar gese dat sy altyd so mooi sal wees soos toe hy haar 27 jaar terug gesien het ens ens.Sy het toe my broer daarvan gese en so vat hul toe die pad na die man.Daar gekom het my ma laat weet hy bly in haaglike omstandighede ens en my broer wil bloedtoetse doen.Die bloedtoetse het toe bevestig dat hy egter WEL my biologiese pa se kind is.Dus het sy en die man al die jare gedink hy is sy kind en my biol pa het gedink dit is nie sy kind nie..Toe die volgende ding wat ons hoor is dat my ma ’ n verhouding met die man het, hul het saam in ’ n plek ingetrek en sy skei toe van my pa 2 maande later.Ek het die man 1 keer gesien. Hy drink te veel.Hy wil nie na formele geleenthede saam met my ma gaan nie.Ek bly egter baie ver van waar my ma nou bly.Sy het my 2de kind nog net een keer gesien toe hy 6mnde oud was en hy is nou al 2.Sy bel minder want sy moet glo haar geldsake dop hou ens ens.Nou wil sy oor ’ n maand of 2 saam met die man kom kuier.Ek voel of ek kort kort angsaanvalle kry.Ek dink my pa is tog nog lief vir haar.Hy het steeds fotos van haar in sy huis.Sy vra ook soms uit oor hoe dit met hom gaan.Ek weet ek moet haar haar geluk gun, maar ek kan nie oor al hierdie dinge kom nie.Sy is vir my ’ n vreemdeling.Sy het gese sy los my pa want hul is net vriende en daar is nie meer ’ n seksuele iets tussen hulle nie ens.Ek het gese hoe ouer mens word word met mos net beter en beter vriende.Kan dit menopause wees?My ma is nou 51.Die vraag is: vir hoe lank gaan die verliefgeit en seksuele verhouding met die ander man hou (ek dink dis reeds weer verby) voor sy weer iemand anders gaan soek?Het sy nie dalk nog die idee van die gevoel van die “ affair”  van jare gelede in haar kop dat dit haar ’ n kick gee nie?En hoe verduidelik ek vir haar dat ek die dinge moeilik verwerk en dat ek nie eintlik die man by my huis wil he nie, want aan die een kant wil ek haar graag sien, maar aan die ander kant weet ek as hy kom gaan my angstigheid en dinge weer begin.Ek dink net daaraan dan begin dit.Ek kan nie oor my ouers se egskeiding kom nie. Gee raad asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Answered the other time this long message was posted

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Nia | 2010-01-21

Ek weet nie veel van menopause af nie, maar dit kan wees dat jou ma wel daardeur gaan en gou nog bietjie fun wil he voor sy te oud is. Dit klink egter eerder vir my asof jou ma ' n swak selfbeeld het (nog altyd gehad het) en sy soek gedurig na iemand wat haar spesiaal en belangrik laat voel. Wanneer ' n verhouding dan na ' n ruk nie meer so opwindend is soos aan die begin nie en sy nie meer soveel aandag kry nie, raak sy verveeld, voel sy dalk nie meer so belangrik nie en begin sy soek vir iets nuuts en opwindends om haar weer goed te laat voel oor haarself. Ek lei dit af omdat sy jou biologiese pa verneuk het en daarna jou aanneem pa ook gelos het vir die nuwe man. (Dit klink asof sy mootnlik jou biologiese pa meer as een maal of oor ' n lang tyd verneuk het omdat sy jou en jou broer laat toets het vir vaderskap.) Jou ma soek opwinding en iemand wat haar elke dag van voor af goed laat voel oor haarself en dan vergeet sy van al die wonderlike dinge in haar lewe. Ek dink steeds sy is selfsugtig en dink net aan haarself. Maar ek verstaan dat sy jou ma bly en dat jy nie -|- ak met haar wil verbreek nie. Ek dink werklik jy moet vir haar reguit (maar op ' n mooi manier) se hoe jy oor alles voel en hoe teleurgesteld jy in haar is. Sy sal waarskynlik baie kwaad wees vir jou en jou dalk nie nou wil sien nie (wat ook baie kinderagtig van haar sal wees siende dat sy al die dinge aan julle gedoen het en maar net verwag julle moet wegkyk). Dit sal tog nie help om ' n moordkuil van jou hart te maak net omdat jy bang is sy wil jou nooit weer sien nie. Sy sal wel weer terug kom as sy verveeld raak met haar nuwe lewe en jou mis. Verder dink ek nie jy moet hoop dat sy en jou pa weer bymekaar sal uitkom nie. Sien dit uit sy oogpunt ... dink jy werklik hy moet ' n vrou wat so teenoor hom optree terugvat of verdien hy nie dalk ook iemand beter wat hom sal respekteer nie. Seksuele probleme in ' n huwelik kom van 2 kante af en daar is altyd ' n goeie oorsaak ... miskien is jou pa nie die skuldige een nie, maar het dit gebeur as gevolg van iets wat jou ma gedoen het? Ek weet nie. Jy sal ook nie weet nie, tensy jy reguit vra. Nee wat - jy het die reg om te kies wie jy in jou huis wil toelaat en om te se hoe jy voel. Doen eerder moeite om -|- ak te hou met jou aanneem pa wat jou liefde en respek meer verdien!

Reply to Nia
Posted by: HOPEFUL | 2010-01-21

Nia, baie dankie vir jou raad. Ek het ook daaraan gedink om dit vir haar te sê  maar dan voel ek weer ek gaan haar nooit sien nie. So wat is JOU opinie dink jy dit kan menopause wees of iets? Sy voel vir my soos ' n vreemdeling. Ek dis nie ' n lekker prentjie om van jou ma te kry as sy jou pa los omrede sy reken daar is nie ' n seksuele verhouding ens ens tussen hulle nie en dat hul net vriende is, want jy kry skielik ' n snaakse prentjie in jou kop. Ek verstaan dat sy ook seker hunkeringe ens het, maar dis vreeslik moeilik. Ek wik en weeg of ek die brief moet skryf of nie. Dit voel vir my of ek nooit oor hierdie ding gaan kom nie en mense hou aan om vir my te sê  :get over it. Wel ek kan nie en ek gee nie om wie wat vir my sê  nie! Ek weet ek moet dit aanvaar maar dit beteken nog lank nie dat ek nie daaroor mag bid of hoopvol bly nie ook nie dat ek nie daaroor mag kom nie. Ek waardeer jou reply, jy het my goeie raad gegee. Dit voel asof ek iemand gevind het wat uiteindelik verstaan.

Reply to HOPEFUL
Posted by: Nia | 2010-01-21

Sjoe - dis ' n ingewikkelde storie, maar ek kan heeltemal verstaan hoekom jy op die stadium niks met jou ma se man te doen wil he nie. Ek is eintlik verbaas dat jy na alles nog graag jou ma wil sien! Dit wys dat jy nie haat draend teenoor haar is nie - ten spyte van alles wat sy aangevang het en al die leuens wat sy vertel het. Alhoewel - dit tel seker in haar guns dat sy nie verder daaroor gejok het toe jy haar uitgevra het op 16 nie. Jy het die volle reg om self te besluit wie jy in jou huis welkom heet en wie nie. As jy nie kans sien om hom te ontvang nie dan is dit jou goeie reg. Hoekom skryf jy nie vir jou ma ' n lang brief waarin jy haar vertel hoe jy oor al die goeters voel nie. Maak dit ' n brief waarin jy net hou gevoelens weergee - moet nie verwyt of lelike dinge se nie. Se dan vir haar jy is nog nie gereed om die nuwe man te ontvang nie en jy sal dit waardeer as sy alleen kom kuier. Se vir haar jy sal vir haar se wanneer jy reg is daarvoor (en as jy nooit reg is daarvoor nie dan is dit ook ok - Sy hoef dit nie nou al te weet nie.) En as sy dan nie wil kom kuier nie, dan beteken dit sy is baie selfsugtig en stel haar eie belang bo jou en jou oulike kinders sin. Dit sal nog lank vat voor jy die egskeiding aanvaar - veral omdat sy iets gedoen het wat glad nie vir jou sin maak nie. Ek stel voor jy sit die verlede en jou ma se lewe eenkant en fokus op jou eie gelukkig lewe saam met jou gesin. Maak seker dat jy hulle elke dag waardeer en liefde gee en los jou ma dat sy self in haar eie vuur braai. Sterkte!

Reply to Nia
Posted by: cybershrink | 2010-01-21

Answered the other time this long message was posted

Reply to cybershrink

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement