advertisement
Question
Posted by: HOPEFUL | 2010/01/21

OUERS EGSKEIDING

My ma en biologiese pa is geskei toe ek 3 jaar oud was. Ons is 4 kinders en het tans geen -|- ak met my biologiese pa nie alhoewel ons weet waar hy woon.Daar was vir ons in ons kinderjare vertel my ouers is geskei omrede my pa jaloers was en omdat hy my ma gelos het vir haar vriendin. My ma het toe getrou met my stiefpa.Ons noem hom Pa want hy het ons aangeneem as sy eie kinders en hy is vir ons die enigste Vader figuur wat ons ken.Toe ek 16 jaar oud was het my ma my huis toe gebel om ’ n dokument op te soek by die huis.Daar het ek dokumente gesien van toe sy en my biologiese pa geskei is.Daar was een dok wat gese het my biologiese pa moet onderhoud betaal vir die oudste en die 2 jonger kinders.Daar was ook ’ n dok waar daar bloedtoetse gedoen was op my as kind en dan staan daar in dat ek wel my biologiese pa se kind is.Ek het toe tot die gevolgtrekking gekom dat as ons 4 kinders is, en ek is my biologiese pa se kind maar hy moes net onderhoud betaal vir die oudste en 2 jonger kinders moet die 2 de oudste kind mos my boetie wees..Ek het my ouma daaroor uitgevra en sy het toe vir my vertel dat my broer x ’ n ander man (my biologiese pa se vriend) se kind is.Ek was 18 toe ek my ma hieroor konfronteer het.Sy het my vertel dat my broer ’ n ander man se kind is.Skielik het die prentjie van die vrou wat ek as my ma ken heeltemal verander.Skielik het ek verstaan waarom my biologiese pa jaloers was en dalk self rondgeloop het want my ma het dan ’ n affair gehad met sy vriend!So 3 en ’ n half jr terug het ek vir my ma gevra as my broer dan nie my biol pa se kind is nie of dink sy hy moet weet wie sy regte pa is? Sy het toe gevra sy wonder of die man nog leef en sy dink sy moet my broer vertel.Ek het die man opgespoor en my ma gese dat ek weet waar hy is ens en dat ek -|- aknommers het van hom.Ek het dit egter nooit vir haar gegee nie.Die volgende ding wat toe gebeur is dat my ma my skakel en sê  sy het -|- ak gemaak met die man en hy wil my broer sien en dat hulle dink my broer moet weet wie sy regte pa is.My ma het ook vir hom gese dat hy haar nie sal herken nie want sy het so baie gewig opgetel ens en hy het glo vir haar gese dat sy altyd so mooi sal wees soos toe hy haar 27 jaar terug gesien het ens ens.Sy het toe my broer daarvan gese en so vat hul toe die pad na die man.Daar gekom het my ma laat weet hy bly in haaglike omstandighede ens en my broer wil bloedtoetse doen.Die bloedtoetse het toe bevestig dat hy egter WEL my biologiese pa se kind is.Dus het sy en die man al die jare gedink hy is sy kind en my biol pa het gedink dit is nie sy kind nie..Toe die volgende ding wat ons hoor is dat my ma ’ n verhouding met die man het, hul het saam in ’ n plek ingetrek en sy skei toe van my pa 2 maande later.Ek het die man 1 keer gesien. Hy drink te veel.Hy wil nie na formele geleenthede saam met my ma gaan nie.Ek bly egter baie ver van waar my ma nou bly.Sy het my 2de kind nog net een keer gesien toe hy 6mnde oud was en hy is nou al 2.Sy bel minder want sy moet glo haar geldsake dop hou ens ens.Nou wil sy oor ’ n maand of 2 saam met die man kom kuier.Ek voel of ek kort kort angsaanvalle kry.Ek dink my pa is tog nog lief vir haar.Hy het steeds fotos van haar in sy huis.Sy vra ook soms uit oor hoe dit met hom gaan.Ek weet ek moet haar haar geluk gun, maar ek kan nie oor al hierdie dinge kom nie.Sy is vir my ’ n vreemdeling.Sy het gese sy los my pa want hul is net vriende en daar is nie meer ’ n seksuele iets tussen hulle nie ens.Ek het gese hoe ouer mens word word met mos net beter en beter vriende.Kan dit menopause wees?My ma is nou 51.Die vraag is: vir hoe lank gaan die verliefgeit en seksuele verhouding met die ander man hou (ek dink dis reeds weer verby) voor sy weer iemand anders gaan soek?Het sy nie dalk nog die idee van die gevoel van die “ affair”  van jare gelede in haar kop dat dit haar ’ n kick gee nie?En hoe verduidelik ek vir haar dat ek die dinge moeilik verwerk en dat ek nie eintlik die man by my huis wil he nie, want aan die een kant wil ek haar graag sien, maar aan die ander kant weet ek as hy kom gaan my angstigheid en dinge weer begin.Ek dink net daaraan dan begin dit.Ek kan nie oor my ouers se egskeiding kom nie. Gee raad asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Oooof. What a very very long and complicated story. What most strikes me is that after reading that very long message, I know almost nothing about you, and what exactly your problem is, remains a mystery - you seem for some time to have been fully engaged in living your parents lives, and utterly obsessed with them, what they did or did not do, and so on. Isn't it time to concentrate rather on living your own life, perhaps with the assistance of a personal counsellor, and leave them, as adults, to run their own lives ? YOu were not responsible for their divorce or whatever other choices they made in life - they were supposed to be adults, and responsible for their own choices

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cybershrink | 2010/01/21

Oooof. What a very very long and complicated story. What most strikes me is that after reading that very long message, I know almost nothing about you, and what exactly your problem is, remains a mystery - you seem for some time to have been fully engaged in living your parents lives, and utterly obsessed with them, what they did or did not do, and so on. Isn't it time to concentrate rather on living your own life, perhaps with the assistance of a personal counsellor, and leave them, as adults, to run their own lives ? YOu were not responsible for their divorce or whatever other choices they made in life - they were supposed to be adults, and responsible for their own choices

Reply to cybershrink

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement