advertisement
Question
Posted by: Jenine | 2010-02-09

Ouers

My ma het so 2 weke terug ' n migraine gekry vir die eerste keer in haar lewe, sy was by die Medi-Cross in Durban waar hulle vir haar inspuitings gegee het vir die pyn,haar bloeddruk was verskriklik hoog (sy is op chroniese bloeddruk pille vir hoë  bloeddruk). Sy was ook naar en het kort kort met die hoofpyn gesit, seker vir so week daarna nog.

Gister het my pa presies dieselfde tipe hoofpyn gekry en was by ' n dokter, sy bloeddruk was 170/110. Is daar miskien iets wat hulle kan doen om hulle bloeddruk op ' n natuurlike manier af te bring? Sekere tipe kosse wat hulle kan eet? My ma het ook hoë  cholesterol en ' n geskiedenis van kanker in haar familie. Haar ma en 1 suster is dood aan kanker en haar ander suster het ook borskanker gekry. Nog een van haar susters het al 2 hartoperasies gehad, hulle kan nie nog van haar are vervang nie, ook hoë  cholesterol. My pa se familie het nie enige ernstige siektes nie, hulle lewe nogal lank! Oumagrootjie was amper 100! Ouma is al 82!

Enige raad vir my ouers?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Jenine
Kyk die DASH dieet: www.nhlbi.nih.gov/health/public/heart/hbp/dash/new_dash.pdf
Enige "abnormale" kopseer, veral as gewone pynpille nie help nie, moet mens met omsigtigheid hanteer, dit kan iets ernstig wees soos 'n bloeding in die brein. Hou maar fyn dop vir enige snaakse simptome soos swakheid in 'n arm of been, sleeptong praat of sensasie verlies.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Joe | 2010-02-09

Dit sal die hospitaal/dokter uiters baie help as jy kan probeer uitvind wat beide jou ouers gedoen of geeet het voor hulle die bloeddruk en migraine gekry het. Twee sulke gevalle kort op mekaar dui gewoonlik op ' n verandering in jou omgewing of gewoontes..

Reply to Joe
Posted by: cyberdoc | 2010-02-09

Hallo Jenine
Kyk die DASH dieet: www.nhlbi.nih.gov/health/public/heart/hbp/dash/new_dash.pdf
Enige "abnormale" kopseer, veral as gewone pynpille nie help nie, moet mens met omsigtigheid hanteer, dit kan iets ernstig wees soos 'n bloeding in die brein. Hou maar fyn dop vir enige snaakse simptome soos swakheid in 'n arm of been, sleeptong praat of sensasie verlies.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement