advertisement
Question
Posted by: Skouer | 2009-02-10

Ou rugbybesering

kan u my dalk raad gee asb. Ek het so 3 jaar terug op skool my skouer in ' n rugbywedstryd beseer. A.g.v. getalle het ek die wedstryd klaargemaak. Ek het so ' n paar dae gerus en gereeld salf aangesmeer. Ek het die volgende wedstryd weer gespeel. Vandag is ek spyt daaroor, maar spyt kom altyd te laat. Die probleem is nou dat die pyn partykeer terugkom. Ek ry op die oomblik fiets en na ' n lang rit begin hy pyn. Sal dit help as ek begin gym om die spier te versterk of sal dit die situasie net vererger?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Skouer
Laat jou skouer behoorlik evalueer deur 'n fisioterapeut of 'n dokter wat gekwalifiseer is in sport beserings, gym kan dit dalk vererger as dit 'n onderliggende tendonitis of bursitis is. As daar 'n ou skeur in die skouergordelspiere is sal dit dalk moet herstel word deur 'n klein operasie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement