advertisement
Question
Posted by: Lara | 2010/10/14

Osteoporose

My ma is laasweek gediagnoseer met ernstige osteoporose. Die dr het nou vir haar ''n reeks medikasie gegee, waarvan 2 tipe kalsium aanvullings deel maak. Die een moet sy een keer per week drink en die ander is Calcium Forte bruistablette waarvan sy een per dag moet neem. Ek het bietjie navorsing gaan doen en gevind dat kalsium met tye moeilik geabsorbeer word deur die liggaam, onder andere wanneer jy ''n " high fibre"  dieet volg. Is dit waar? Wanneer is die beste tyd om jou kalsium aanvulling te neem? Sal dit jou opname daarvan belemmer as dit saam met All Bran flakes geneem word? Wat is belangrike faktore wat in ag geneem moet word wanneer so ernstige siekte by jou gediagnoseer word? My ma is 52 en sy het basies geen beendigtheid oor nie. Die dr het gesê  dit sal nooit weer heeltemal regkom nie maar met die regte dieet ens kan sy dit weer tot ''n mate opbou. Ek voel net dit sal nie help as die aanvullings gedrink word maar nie geabsorbeer word nie?

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lara
Ek is jammer om te verneem dat jou moeder aan sulke ernstige osteoporose ly. Die beste bron van biobeskikbare kalsium in die dieet bly steeds melk, jogurt, maaskaas en ander kase. Oor die algemeen verskaf melk meer as 1 mg kalsium per ml aan die liggaam in 'n hoogs biobeskikbare en maklik absorbeerbare vorm. Op hierdie stadium sal jou moeder ook baat by die kalsiumaanvullings en sy kan dit gerus neem. Nuwe navorsing dui egter aan dat sekere soorte kalsiumaanvullings beter vir die pasiënt se algemene gesondheid is. Navorsers het gevind dat die kalsium saam met vitamine D en K geneem moet word om te verhoed dat die kalsium in die are of bloedvate gedeponeer word pleks van in die skelet. Tans is daar wel 'n kalsiumaanvulling beskikbaar in SA met die naam MenaCal.7 wat ook vit D en vit K bevat. Wanneer jou moeder haar huidige voorraad kalsiumtablette opgebruik het, kan julle miskien verander na MenaCal.7. Die beste tyd om enige kalsiumaanvulling te neem is saans voor slapenstyd wanneer die kalsium beter geabsorbeer word en daar geen probleem gekoppel aan vesel-ryke kosse bestaan nie. Dit is waar dat kosse soos All-Bran en ander vesel-ryke grane, met hul hoë veselinhoud, met kalsium kan bind en dit minder beskikbaar kan maak. Dit is ook hoekom ons algemeen aanbeveel dat mense kalsium-ryke kosse, soos melk en jogurt wat in produkte wat van diere afkomstig is, liewer moet gebruik pleks van kalsium-ryke plantaardige kosse (laasgenoemde kosse bevat wel kalsium maar dit het 'n lae biobeskikbaarheid).
Ek hou duim vas vir jou moeder dat sy wel weer haar skelet kan versterk.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/10/14

Beste Lara
Ek is jammer om te verneem dat jou moeder aan sulke ernstige osteoporose ly. Die beste bron van biobeskikbare kalsium in die dieet bly steeds melk, jogurt, maaskaas en ander kase. Oor die algemeen verskaf melk meer as 1 mg kalsium per ml aan die liggaam in 'n hoogs biobeskikbare en maklik absorbeerbare vorm. Op hierdie stadium sal jou moeder ook baat by die kalsiumaanvullings en sy kan dit gerus neem. Nuwe navorsing dui egter aan dat sekere soorte kalsiumaanvullings beter vir die pasiënt se algemene gesondheid is. Navorsers het gevind dat die kalsium saam met vitamine D en K geneem moet word om te verhoed dat die kalsium in die are of bloedvate gedeponeer word pleks van in die skelet. Tans is daar wel 'n kalsiumaanvulling beskikbaar in SA met die naam MenaCal.7 wat ook vit D en vit K bevat. Wanneer jou moeder haar huidige voorraad kalsiumtablette opgebruik het, kan julle miskien verander na MenaCal.7. Die beste tyd om enige kalsiumaanvulling te neem is saans voor slapenstyd wanneer die kalsium beter geabsorbeer word en daar geen probleem gekoppel aan vesel-ryke kosse bestaan nie. Dit is waar dat kosse soos All-Bran en ander vesel-ryke grane, met hul hoë veselinhoud, met kalsium kan bind en dit minder beskikbaar kan maak. Dit is ook hoekom ons algemeen aanbeveel dat mense kalsium-ryke kosse, soos melk en jogurt wat in produkte wat van diere afkomstig is, liewer moet gebruik pleks van kalsium-ryke plantaardige kosse (laasgenoemde kosse bevat wel kalsium maar dit het 'n lae biobeskikbaarheid).
Ek hou duim vas vir jou moeder dat sy wel weer haar skelet kan versterk.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.