advertisement
Question
Posted by: Sanette | 2009-02-24

Osteo-arthritis

Geagte Dr Breedt

Ek is 64 jaar oud, weeg 65,6 kg en sukkel met pynlike arthritis in die hande en nek. Ek het reeds chirurgie ondergaan in die linkerhandse gewrig. Ek drink Dr Vogel se Multiforce Alkaline poeier en drink daagliks 1 - 2 kapsules van Arthrexin 25 mg. Wat ek graag van u wil weet, is bogenoemde calcium en magnesium aanvulling voldoende vir my ouderdom en hou die Arthrexin op die lange duur gevaar in aangesien die hande baie pynlik is en nie kan daarsonder. Ons kan nie ' n te groot opsie vir ' n mediese fonds bekostig nie en moet baie van die medikasie self betaal.

U raad sal hoog waardeer word.

Groete

Sanette

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Sanette
Arthrexin het soos alle medisyne newe effekte, mens moet net uitkyk vir moontlike simptome. Die "gevaarlikste" is maar dat dit maagbloedings kan veroorsaak ( pyn op die maag en swart stoelgange), en ook jou oë kan aantas met langtermyn gebruik ( gaan jaarliks vir oog ondersoek) Dit kan ook vog terughou, bloeddruk verhoog en hartversaking vererger. Mens moet op jou ouderdom so 1200 mg Kalsium per dag inkry. Magnesium aanvulling is nie so krities nie.
Wat se tipe artritis is dit, partykeer is dit beter om 'n rheumatoloog te sien en op medikasie te gaan wat verdere skade aan die gewrigte voorkom as om net pyn medikasie te neem ( arthrexin is basies anti-pyn en anti-inflammatories)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Adele | 2013-08-20

Goeie dag dr Breedt My ma was 72jr oud. Sy het osteo artritus gehad. Altwee haar kniee is al vervang. Sy het vir jare arthrexin gedrink vir die pyn, Sy is 'n jaar gelede gediagnoseer met pankreas kanker en het net vier maande gelewe na die diagnose. Nou wil ek weet of die newe-effekte van arthrexin dalk kon bydrae dat sy pankreas kanker gekry het. Sy was 'n baie aktiewe, gesonde mens. Het nooit gedrink of rook nie.. Kan u dalk vir my 'n antwoord gee oor die arthrexin? Baie dankie vir u tyd. Groete Adele

Reply to Adele

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement