advertisement
Question
Posted by: Beth | 2011/01/12

Osteitis/plantar fasciitis

Is nog meer deurmekaar as tevore.
Was in die hosp., het `n MR van die voet gehad, en dit wys `n sagte weefsel infeksie! Nou hoe kan dit so verskil van die Flikkergram wat `n duidelike been infeksie gewys het?
Die biopsie is toe nie gedoen nie maar ek het `n kortisoon inspuiting gekry wat teen my sin gedoen is as gevolg van die na -gevolge daaran : Glukose telling styg tot 29.8, bloeddruk 218/211, en ek word huistoe gestuur om dit op my eie te probeer beheer. Is glad nie beindruk nie, en volgens die ortopeed moes ek al `n verbetering in die pyn ondervind het. Maar dit is nog steeds so seer dat ek nie kan loop nie.
Wou net terugvoer gee van my vorige navraag!
Sal maar sien of ek `n verdere pad sal loop met die ortopeed, is bietjie onsteld dat hy teen my wil `n prosedure gedoen het, en een waarteen ons besluit het. Juis daarom het hy die lang pad geneem van al die toetse om die kortisoon uitweg te vermy!
Groete,
Beth

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Beth
'n Flikkergram gebruik 'n radioaktiewe isotoop wat die liggaam dan hanteer soos yster en dit gaan sit in 'n been area met verhoogde bloedvloei soos tumore, inflammasie en akute en chroniese infeksie. So dit is eintlik non-spesifiek en kan nie infeksie diagnoseer nie - dit sê net iets is nie lekker in die area nie. Mens kyk dan na ander goed (soos verhoogde CRP, koors, rooiheid, teerheid en geswelde kliere - bv vir infeksie) 'n MRI scanner kan sien as daar 'n verandering in sagte weefsel is bv swelling, vog tussen die spierselle, siste, tumore ensovoorts, so dit kyk na 'n ander deel van jou voet as die Flikkergram.
Dit klink vir my of die dokter gesien het daar is inflammasie in die been en omliggende sagte weefsel en daarom die kortisoon gegee het (wat 'n sterk anti-inflammatoriese werking het) Dis net gewoonlik 'n vrek seer inspuiting en dalk daarom dat jou bloeddruk so hoog gestyg het! Dit vat 'n ruk voor dit werk -'n paar dae. Miskien moet jy dalk net fisioterapie ook by probeer - hierdie spesifieke toestand is soms hardnekkig om te reageer met medikasie alleen. Rus van jou hak is baie belangrik en ook om die spanning van die voetsool af te neem deur 'n lae hakkie te dra of 'n jel hak kussinkie in jou skoen te sit (mens kry by die fisioterapeute of 'n biokinetikus). Laat weet my hoe dit met die voet gaan en of jy jou suiker kon afkry?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Adele | 2011/04/07

Goeie more, Wat is n flikkergram?? Dankie.

Reply to Adele
Posted by: Cyberdoc | 2011/01/12

Hallo Beth
'n Flikkergram gebruik 'n radioaktiewe isotoop wat die liggaam dan hanteer soos yster en dit gaan sit in 'n been area met verhoogde bloedvloei soos tumore, inflammasie en akute en chroniese infeksie. So dit is eintlik non-spesifiek en kan nie infeksie diagnoseer nie - dit sê net iets is nie lekker in die area nie. Mens kyk dan na ander goed (soos verhoogde CRP, koors, rooiheid, teerheid en geswelde kliere - bv vir infeksie) 'n MRI scanner kan sien as daar 'n verandering in sagte weefsel is bv swelling, vog tussen die spierselle, siste, tumore ensovoorts, so dit kyk na 'n ander deel van jou voet as die Flikkergram.
Dit klink vir my of die dokter gesien het daar is inflammasie in die been en omliggende sagte weefsel en daarom die kortisoon gegee het (wat 'n sterk anti-inflammatoriese werking het) Dis net gewoonlik 'n vrek seer inspuiting en dalk daarom dat jou bloeddruk so hoog gestyg het! Dit vat 'n ruk voor dit werk -'n paar dae. Miskien moet jy dalk net fisioterapie ook by probeer - hierdie spesifieke toestand is soms hardnekkig om te reageer met medikasie alleen. Rus van jou hak is baie belangrik en ook om die spanning van die voetsool af te neem deur 'n lae hakkie te dra of 'n jel hak kussinkie in jou skoen te sit (mens kry by die fisioterapeute of 'n biokinetikus). Laat weet my hoe dit met die voet gaan en of jy jou suiker kon afkry?
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.