advertisement
Question
Posted by: Beth | 2011/01/06

Osteitis

Kan u asseblief vir my verduidelik wat Osteitis presies is? Was vir `n flikkergram (my voet/hak pyn al vir 5mde) en daar is geen sagte weefsel abnormaliteit nie, net my hak wat gloei ! Moet nou hosp. toe gaan, vir `n MR, en dan `n biopsie. Daar word gepraat van binneaarse antibiotika vir 6 weke as die infeksie as weerstandig geklassifiseer word na die ondersoeke. Wil net noem dat ek in `n " straight jacket"  uitgedra sal word as ek vir 6 weke in die hosp. moet bly!
Beth

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Beth
Osteitis beteken inflammasie van die been. As daar infeksie in die murg van die been is noem mens dit osteomeilitis en moet mens lank binneaarse antibiotika kry omdat die beenmurg se sirkulasie nie goed is nie en mens sukkel om genoeg antibiotika daar te kry om die infeksie gesond te maak. Dit is ook gevaarlik want dit sprei na die omliggende been en weefsel en kan ook in die bloed beland en dan infeksie in die hart en ander organe veroorsaak. Hakpyn is gewoonlik eerder agv inflammasie as van infeksie. Behandeling is baie keer fisioterapie, anti-inflammatoriese middels, kortisoon inspuitings in die hak en as niks anders help nie - gips vir 6 weke om die voet te rus....Laat weet my wat se die MR en biopsie?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011/01/06

Hallo Beth
Osteitis beteken inflammasie van die been. As daar infeksie in die murg van die been is noem mens dit osteomeilitis en moet mens lank binneaarse antibiotika kry omdat die beenmurg se sirkulasie nie goed is nie en mens sukkel om genoeg antibiotika daar te kry om die infeksie gesond te maak. Dit is ook gevaarlik want dit sprei na die omliggende been en weefsel en kan ook in die bloed beland en dan infeksie in die hart en ander organe veroorsaak. Hakpyn is gewoonlik eerder agv inflammasie as van infeksie. Behandeling is baie keer fisioterapie, anti-inflammatoriese middels, kortisoon inspuitings in die hak en as niks anders help nie - gips vir 6 weke om die voet te rus....Laat weet my wat se die MR en biopsie?
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement