advertisement
Question
Posted by: mamma | 2008/11/10

Ore uitspuit

Dr Bets,
My dogtertjie van 4 moet haar ore laat uitspuit, ek wil net graag weet wat die proses behels? Sal dit pynlik en/of ongemaklik wees? Ek is ook deur die dokter gesê  om ' n paar keer ' n paar druppels olyf olie in haar ore te gooi - wat is die doel hiervan?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Mamma
Probeer eers hierdie: kry Waxol by die apteek en gooi dit in die oortjie om die was sag te maak, as jy haar haartjies was, kan jy maar die ore laat natword, was is wateroplosbaar en dit loop dan sommer self uit. Hoekom wil hy dit uitspuit? Dit is selde nodig, veral in so klein kindjie. Ek is altyd bang mens beseer die oordrom want hulle lê selde stil vir hierdie ( dit is nie lekker nie - selfs nie vir grootmense nie!) Mens moet net nie water of druppels in 'n oor gooi wat 'n gromet in het nie, of wat 'n moontlik gebarsde oordrom het nie, want dit kan die middeloor permanent beskadig.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: k | 2008/11/10

Mamma
Jy kan druppels by die apteek kry wat jy self kan ingooi.
Dit voel of dit kook in jou ore. Dan kom die wax self uit.

Reply to k
Posted by: oz | 2008/11/10

Geen pyn nie, dit is slegs ' n kielie gevoel in die ore, die olyf olie maak die was wat in die oorkanaal sit sag en los as die dokter dus die water inspuit kom die was uit.

Reply to oz

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement