advertisement
Question
Posted by: Willie | 2008/10/01

Ore suis gedurig

Goeiemiddag Dr.
Ek wil net vra wat die oorsaak kan wees as my ore gedurig suis. Sedert Saterdag suis my ore gereeld, en met tye nogal lank.
Baie dankie
Groete
Willie
(Swellendam)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Willie
Suis van die ore noem ons tinnitus. Harde geluide, gehoorverlies, vog in die middeloor, oor infeksies, sekere oorsiektes ( Meniere's disease) en sekere medisyne (disprin bv) kan 'n gesuis van die ore veroorsaak. Jou dokter behoort na jou ore te kyk en kan 'n gehoortoets, 'n balanstoets of 'n scan aanvra as hy dink dit is nodig ( gewoonlik nie) Daar is medikasie wat kan help soos Serc. Dit help ook om 'n radio met sagte musiek aan te sit as agtergrondmusiek as jy gaan slaap - dit maak die geraas in jou ore minder opsigtelik!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Marie | 2016/04/23

My ore suis gedurig en pyn dan dis iets vreeslik!!

Reply to Marie
Posted by: danie | 2016/03/08

Ek was in n erge motor ongeluk in 2013 en het sederdien n gesuis in my ore , party aande so kwaai dat ek sukkel om te slaap , my neus en ore is 100% reg alles is getoets my neus het wel gebloei , kan n hou teen die kop dit veroorsaak ,daar is geen breinscans gedoen sederd die ongeluk nie . Help as ek is besig om van my kop af te raak.

Reply to danie
Posted by: Anonymous | 2015/08/12

Ek lei aan hoë bloeddruk en is 51 jaar oud. Ek wil mal raak van die gesuis in my ore...dag en nag. Kan hoë bloeddruk dit verooraak? Daar is geen spesifieke mediese rede vir my hipertensie nie, dit is a.g.v. stresvlakke en ek het onlangs 'n angsaanval by die werk gekry. My huisdokter het vir my medikasie voorgeskryf om my stresvlakke te probeer verbeter. Ek gebruik ook medikasie vir hipertensie die afgelope 2 maande. Ek eet gesond en probeer om te stap 2-3 keer 'n week. Ek is fyn en klein gebou en weeg minder as 50 kg. Ek was nog altyd baie gesond sonder om ENIGE medikasie te gebruik. Dit is vir my 'n groot aanpassing.

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2014/08/06

hoe kan n mens dit stop? ek loop al maande met dit en ek wil mal word!

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement