advertisement
Question
Posted by: Suzette | 2009/11/23

oral vol blou kolle en lumber punch

Hello Doc, Ek is vir ' n week opgeneem in Hospitaal nadat ek baie sleg begin voel het. Ek het ' n verskriklike hoofpyn gehad en was permanent naar, het vir 4 dae niks ge-eet nie. Ek het ' n lumber punch gehad, maar al die toetse was negatief en volgens die Neuroloog het ek net ' n virus infeksie gehad.

Wat vir my baie vreemd was, is dat hulle baie gesukkel het om ' n aar te kry om bloed te trek. Agterna was ek pimpel en pers, en selfs die plek op my rug waar hulle die lumber punch gedoen het is een groot blou kol.

Ek was al baie keer vir operasies ens. in die hospitaal en het baie drips gekry en bloed getrek.

Wat kan die rede wees daarvoor? Is ' n lumber punch gevaarlik?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Suzette
as jou bloeddruk val, is dit soms moeilik om 'n aar te kry, maar partykeer hang dit ook af van die persoon wat bloed trek - hoe geoefen hulle is daarmee. 'n LP is nie gevaarlik in die regte hande nie - mens moet mooi tussen die werwels ingaan en weet hoe diep om te tap, en die risiko van infeksie en bloeding is maar altyd daar. Die Blou kolle gebeur as mens nie die plekkie waar hulle bloed getrek het styf genoeg vashou tot dit stol nie, dan lek daar bietjie bloed uit in die omliggende weefsel
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Danie Louw | 2010/03/12

breuk by rektum se begin

Reply to Danie Louw
Posted by: Tiny | 2009/11/24

Ek so 4 weke gelede ' n galblaasverwydering asook ' n mantelvlies breuk herstel gehad, ek het geen probleme met sluk gehad nie, behalwe dat ek nog nie enige brood, koek of beskuitjies kan eet nie dan ervaar ek weer daardie swaargevoel op my bors. maar wat my die meeste kwel is die verskriklike diaree, ek gebruik so dan en wat Questran wat help maar dit blaas my op en dit het baie newe effekte , maar wat my nog pla is die verskriklike hartkloppings wat ek nog steeds ervaar, ek het dit gehad voor die operasie en volgens die chirurg was dis agv van die breuk wat so groot was? En die laaste paar dae kry ek gereeld pyn agter by my rektum kan dit wees van die diaree of moet ek maar terug dokter toe

Reply to Tiny
Posted by: cyberdoc | 2009/11/23

Hallo Suzette
as jou bloeddruk val, is dit soms moeilik om 'n aar te kry, maar partykeer hang dit ook af van die persoon wat bloed trek - hoe geoefen hulle is daarmee. 'n LP is nie gevaarlik in die regte hande nie - mens moet mooi tussen die werwels ingaan en weet hoe diep om te tap, en die risiko van infeksie en bloeding is maar altyd daar. Die Blou kolle gebeur as mens nie die plekkie waar hulle bloed getrek het styf genoeg vashou tot dit stol nie, dan lek daar bietjie bloed uit in die omliggende weefsel
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement