advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2009-09-10

Opvolg: Pyn

Hi Doc,

Ek is al bietjie raadop en hoop Doc kan help: Dis ongelukkig ' n lang storie, maar ek sukkel al vir omtrent 6 jaar lank met chroniese buikpyne.

Dit begin met naarheid, koue en natsweet en dan brandpyne oor my maag/naeltjie area en versprei later oor my hele blaas-area asook laerug en dis ' n aanhoudende brandpyn, wat net vererger gedurende die dag en nie Buscopan/Voltaren-inspuiting of sterk pymeds soos Lentogesics/Synaps kan dit verlig nie. Urien-toetse wys ook dan gewoonlik GEEN infeksie en dan normaalweg gaan dit die volgende dag vanself weg. Soms hardlywig, soms normale stoelgang. Op ' n normale dag is my stoelgange 100% - eet baie volgraan produkte.

Ek het al gedurende die jare verskeie ondersoeke daarvoor gehad: geen nierstene, geen sists op eierstokke (het Histerektomie gehad) Galblaas is a.g.v. daarvan verwyder (Stene gehad) en die 1 GP het selfs sover gegaan om vir my te sê  ek moet my blindederm laat uithaal.

Dit het verlede week Vrydag weer gebeur en urientoets was normaal, GP het fisiese ondersoek gedoen en sterk aanduiding van Blindederm-ontsteking, maar CRP, ESR en VBT het NORMAAL teruggekom. Hy het vir my Ciplexx en Augmentum, Clopamon en Lentogesics gegee.

Dis nou ' n week later en ek kry kort-kort steekpyne en branderigheid oor my buik - enige tyd van die dag of nag en ek is permanent NAAR en my stoelgange hard (ondanks volgraan dieet).

GP praat van Sub akute Blindederm en stel voor dat ek my blindederm laat uithaal.

Wat is Doc se opinie hieroor? Moet ' n mens voorkomend jou blindederm laat uithaal? Hoe seker kan ek wees dat dit wel my blindederm is?

Baie dankie :)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Hou die pyn verband met etes?
Kyk ook bietjie hierna? http://www.abdopain.com/Abdominal-Migraine.html
Ek sou nie die blindederm laat uithaal as die bloede normaal is en die sonar niks abnormaals wys nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement