advertisement
Question
Posted by: Elizabeth | 2012/06/20

Opvolg: Dehidrasie,artritis

Net om te noem dat my Ileostomie die gevolg is van `n midline myelotomy wat BAIE verkeerd gegaan het, met `n kolon wat totaal ophou werk het na die prosedure en moes verwyder word.
Ek het ook raad gaan soek by my apteker, en hy se dis gout wat ek het as gevolg van uric acid kristalle. Dit kan miskien deur die dehidrasie veroorsaak word. Ek drink normaalweg baie water, is altyd dors, ek het porferie so is bietjie beperk in medikasie, het u miskien enige bykomende voorstelle?
Weereens baie dankie,
Elizabeth

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Elizabeth

Dit is baie belangrik om dehidrasie te voorkom. Neem ten minste twee liter helder vog per dag in. Dit is ook belangrik om jou dokter te konsulteer om vas te stel of jou elektroliete, soos natrium en kalium normaal is. 'n Eenvoudige bloedtoets kan bepaal of jy gout het of nie. Gewrigspyn word ook met porferie geassosieer. Indien jy erge gewrigspyn ondervind, moet jy jou dokter daarvan in kennis stel, sodat die oorsaak gevind kan word.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement