advertisement
Question
Posted by: Helena | 2012/05/15

Opvolg

Goeie middag dokter

Ek hoop dit gaan goed. Ek kom loer gou in en vertel bietjie van wat die afgelope tyd gebeur het.

Soos dr weet is ek einde Maart as Insulien weerstandig verklaar. Vandag is die 15de Mei en eks trots om die volgende met dr te deel:
Vannag 22 Maart tot 14 Mei het ek ''n volle 700g verloor (geweeg omstreeks 18h00 gister aand, 2weke weg vanaf menstuasie)
En ek het ''n totaal (binne dieselfde datum) van 37cm verloor.

Ek het ook vir my die resepte boek " living vir diabetes" gekoop met klomp lae GI resepte. Is steeds opsoek na ''n dieetkundige wat op Saterdae oop is (sug)

En ek gaan Saterdag wat voorle, weer vir my 2de bloedtoets om te sien of die medikasie vermeerder/verminder moet word.

So my goeie nuus is 37cm!!!!

Wat''s nuus by dokter?

Lekker dag

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Jy weet ek is altyd bly om van jou te hoor en hoe jy vorder! 37 cm - dit wil gedoen word - mooi gedaan en die 700 g is ook goeie nuus. Aanhou wen al gaan dit nou nie baie vinnig nie, sal dit jou uiteindelik bring tot waar jy wil wees. Ek weet nie waar jy werk nie (klink soos 'n soutmyn!), maar hulle behoort jou darem toe te laat om een middag 'n uur of so te laat afneem om 'n afspraak met 'n gesondheidsorgdeskundige soos 'n dieetkundige by te woon. Hoe het jy ooit jou diagnose gekry - net deur besoeke op Saterdae? en wat van die tandarts? of mag jy ook nie na jou tande laat kyk nie? Ek sal hulle byt onder sulke omstandighede - dit is mos slawe-arbeid of hoe?
Jy kan ook jou mediese dr vra om jou na 'n dieetkundige te verwys en vir jou 'm briefie vir die drake by die werk te gee.
Sterkte vorentoe
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/05/16

Beste Helena
Jy weet ek is altyd bly om van jou te hoor en hoe jy vorder! 37 cm - dit wil gedoen word - mooi gedaan en die 700 g is ook goeie nuus. Aanhou wen al gaan dit nou nie baie vinnig nie, sal dit jou uiteindelik bring tot waar jy wil wees. Ek weet nie waar jy werk nie (klink soos 'n soutmyn!), maar hulle behoort jou darem toe te laat om een middag 'n uur of so te laat afneem om 'n afspraak met 'n gesondheidsorgdeskundige soos 'n dieetkundige by te woon. Hoe het jy ooit jou diagnose gekry - net deur besoeke op Saterdae? en wat van die tandarts? of mag jy ook nie na jou tande laat kyk nie? Ek sal hulle byt onder sulke omstandighede - dit is mos slawe-arbeid of hoe?
Jy kan ook jou mediese dr vra om jou na 'n dieetkundige te verwys en vir jou 'm briefie vir die drake by die werk te gee.
Sterkte vorentoe
DietDoc

Reply to DietDoc
Posted by: Helena | 2012/05/15

Hi Wonder maar net

Nee ek het net 700g verloor. As mens Insulien weerstandig is verloor mens maar baie stadig. Ek kla nie, want ek het vir meer as 6maande niks verloor nie.

Ek is aanvanklik seker 4kg''s af, maar omdat ek so laat geweeg het, wys dit nou net 700g.

Ek weeg nie soggens nie, want dan lyk dit vir my ek verloor daagliks. As ek vannaand nogsteeds vanoggend se gewig af is, weet ek dis beslis verloor.

Jy is baie gelukkig om amper ''n kg daagliks te verloor.

Reply to Helena
Posted by: Wonder maar net | 2012/05/15

Goeie genade - 700g (minder as ''n kilogram) = 37cm? Het jy lood verloor of vet? My normale gewig wissel daagliks met 700g.

Is jy seker jy''t nie 7 kg = 7000 g verloor nie?

Wonder maar net...

Geluk in elk geval met die 37 cm - dit klink baie meer die moeite werd as die 700g ...

Reply to Wonder maar net

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement