advertisement
Question
Posted by: Sheena | 2010-06-30

OPV-Merieux druppels..DR aleen asb!

Hallo Dr..
Ek is vroulik en 39 jaar oud..
My Ma en Broer het nog altyd gesukkel met koorsblare..ek het dit so 2jaar terug die 1ste keer gekry en kry ek dit nou sodra daar spanning in my lewe is..
Ek het al antibiotika gedrink maar dit veroorsaak dat my neus sommer baie en maklik bloei..(my broer het dieselfde ervaar)
Nou het ek begin om die OPV-MERIEUX (orale Polio Vaxine) te gebruik..2 druppels onder die tong elke 2 weke todat die 10 dosise op gebruik is.
Ek het dit in die vrieskas gesit soos my Apteker gese het.
VRAE..
1) Wat is die NEWE EFFEKTE..?
2)Is dit reg as ek dit elke 2 weke onder my tong drup..?
3)Sal die een houertjie (10 dosise) genoeg wees om die herpes virus wat die koorsblare veroorsaak te stop..?
4)Wat is die langste wat ek dit elke 2 weke kan toe dien..?
Dankie vir die tyd om my email te lees en te antwoord..

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Sheena
Ek weet dat daar 'n geloof is dat orale poliodruppels koorsblare wegvat maar eintlik maak dit glad nie sin nie. Polio druppels bevat 'n Polio Enterovirus en koorsblare word veroorsaak deur 'n herpex simplex virus. Ek dink die OPV stimuleer maar net jou immuunsisteem in die algemeen en dan kry jy minder ander virus infeksies ook. Deesdae is daar spesifieke antivirale medikasie vir Herpes beskikbaar (Zovirax kapsules en room as ook goedkoper generiese ekwivalente). Die beste tyd om dit te gebruik is binne 24 uur vandat die eerste simptome begin (die branderigheid ens). Dit behoort dan die virus permanent dood te maak. OPV druppels bevat lewendige polio virus en dit kan allergiee, polio (raar) of verlamming veroorsaak. Ek sou dit nie vir voorkoming van koorsblare gebruik nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010-06-30

Hallo Sheena
Ek weet dat daar 'n geloof is dat orale poliodruppels koorsblare wegvat maar eintlik maak dit glad nie sin nie. Polio druppels bevat 'n Polio Enterovirus en koorsblare word veroorsaak deur 'n herpex simplex virus. Ek dink die OPV stimuleer maar net jou immuunsisteem in die algemeen en dan kry jy minder ander virus infeksies ook. Deesdae is daar spesifieke antivirale medikasie vir Herpes beskikbaar (Zovirax kapsules en room as ook goedkoper generiese ekwivalente). Die beste tyd om dit te gebruik is binne 24 uur vandat die eerste simptome begin (die branderigheid ens). Dit behoort dan die virus permanent dood te maak. OPV druppels bevat lewendige polio virus en dit kan allergiee, polio (raar) of verlamming veroorsaak. Ek sou dit nie vir voorkoming van koorsblare gebruik nie.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement