advertisement
Question
Posted by: Amanda | 2012/04/18

Optiese Atrofie en baie bleek optiese skywe

Hallo Dokter. Ek het erge optiese atrofie en baie bleek optiese skywe. My cup-to-disk ratio is meer as dubbel die normale grootte. Ten spyte hiervan toets my visievelde en oogdruk normaal. Is toe na Neuroloog verwys deur Oogspesialis. VEP en PERG is normaal, sowel as karotis-sonar. MRI verslag wys dat demieliniserende siekte oorweeg moet word, daar is slegs enkele klein letsels sigbaar in die brein. My vraag is dit: hoe maak ek verder om die oorsaak van die optiese atrofie op te spoor? As dit nie gestabiliseer word nie, staar ek blindheid in die gesig. Wat kan dit nog veroorsaak? Baie mediese kostes en beide oogspesialis en neuroloog raadop. Baie dankie by voorbaat.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Amanda

Jy sal die neuroloog moet herkonsulteer. Dit is moontlik dat hy jou vir 'n tweede opinie sal verwys. Daar is nie altyd antwoorde nie.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Isabel | 2016/07/29

Hallo Dokter, my seun is gebore met optiese atrofie, hy is nou 30, is daar al enige toetse gedoen wat moontlik die toestand kan verbeter? Sy vroutjie het retinale pigmentosie opgedoen toe sy 9 jaar oud was en is amper heeltemal blind..enige hulp hier? Hulle het 3 pragtige seuns wat geen teken van 'n oog kondisie het nie. Ek hoor graag van u. Byvoorbat dankie, Isabel

Reply to Isabel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement