advertisement
Question
Posted by: lee | 2009/09/03

Ophou rook

Goeiedag Dokter,

Ek het so week terug opgehou rook. Die afgelope paar dae slaap ek slegter as gewoonlik (ek het massiewe emosionele spanning al vir ' n geruime tyd), en ek het erge hoofpyn. Is dit normaal en wat kan ek gebruik hiervoor?

Ek leef van groente, vrugte en water om die gifstowwe uit te kry en my huisdokter het so paar maande gelede xanor en stilnox voorgeskryf vir my spanning en min slaap (ek slaap al ' n geruime tyd bitter sleg). Ek drink ' n halwe xanor in die aand (nie elke aand nie, so 3x per week) voor slapenstyd, maar is traag om die stilnox te drink - ek is bang ek word nie wakker as my 1 jarige my nodig kry nie.

Wat staan my te doen?

Baie baie dankie!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lee
Baie geluk met die besluit om op te hou rook - dit is nie maklik nie, ek weet! Die eerste 10 dae is die ergste, mens kan grieperig voel, maagpyn hê, knorrig en angstig voel, maar daarna begin dit beter gaan. Probeer vir jou ontspanningstegnieke aanleer http://www.mindtools.com/stress/RelaxationTechniques/IntroPage.htm
of sien 'n sielkundige om jou te help om dit aan te leer. Jy kan dalk Biral homeopatiese pilletjies vir stress probeer, dit maak mens nie vaak nie - die dosis is 2 drie keer per dag. Probeer 'n halwe stilnox - dit sal jou aan die slaap sit maar behoort jou nie so diep te laat slaap dat jy babatjie nie hoor nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement