advertisement
Question
Posted by: jan | 2009/04/03

Opgehou rook - altyd siek

Goeiedag Dokter,

Ek het voorheen al vir 3 weke opgehou rook - ek was heeltyd siek gewees. Ek het die verskriklikste sere in my keel en op my tong gehad - kon glad nie eet of drink nie. Toe ek weer begin rook na 3 weke, toe verdwyn die sere!!

Nou het ek weer opgehou rook (vir 2 dae al), en ek kan voel my keel begin dik voel en my tong raak " snaaks" , dit is asof my tong (veral aan die kante) groewe begin kry en my tong lyk dan vrot en rooi, en dan volg die aakligste sere...

Ek verstaan dit is die gif wat uit my liggaam moet uitwerk.
Ek neem ekstra vit.c, drink 4 tot 5 liter water per dag, eet konstant vrugte en groente.

Wat meer kan ek doen om hierdie sere te verhoed? En as die sere wel ontwikkel (ek weet dit gaan), wat kan ek dan gebruik om dit spoedig gesond te maak? Sal u aanbeveel dat ek ' n detoks middel gebruik (indien wel - watter een?).

Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Jan

Die sere is moontlik aftese ulcera as gevolg van die feit dat jy opgehou rook het. Gebruik Kenoloc in Orobase om aan te wend. Die produk is verkrygbaar by apteke.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement