advertisement
Question
Posted by: Johlene | 2013/02/18

Opgeblaas, sooibrand, hardlywig

Hallo, ek sukkel al min of meer vir 5 jaar met my maag. Brand by tye vreeslik. Ek kry nie van die opstoot sooibrand nie. Dit brand net vreeslik, selfs van water. Ek voel ook baie maklik opgeblaas en ongemaklik en is kronies hardlywig. Baiekeer is daar ''n pyn aan die regterkant van my buik, min of meer net langs my heup. Die pyn versprei dan na agter. Die laaste 2 maande het hierdie probleme vererger. Ek is al heeltemal raadop en weet nie meer wat om te maak nie. Ek voel heeltyd ongemaklik en soos ''n olifant met my opgeblaaste maag. Het u dalk enige raad vir my asseblief?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Johlene

In die lig van jou lang geskiedenis van simptome, is dit baie belangrik om 'n gastroenteroloog of algemene sjirurg te konsulteer. Daar is vele moontlikhede wat ondersoek moet word, soos byvoorbeeld 'n maagseer, galstene of 'n mantelvliesbreuk. Prikkelbare dermsindroom is ook 'n moontlikheid, maar ander oorsake moet uitgeskakel word.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2013/03/01

Hallo Dr Anrich, ek was by 'n internis en hy het 'n Gastroscopy gedoen. Hy het nie 'n maagseer gesien nie, maar hy het Helicobacter Pylori gediagnoseer. Hy het Amoxil, Clacee (Clarithromycin) en Nexiam voorgeskryf. Maar nou het die ander dokter in die plek van die Amoxil "Moxypen" gegee. Is dit dieselfde pille en sal dit die virus doodmaak?

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement