advertisement
Question
Posted by: Tammy | 2012/07/25

Opgeblaas en ongereed

Beste Dietdoc
Dit is maar ''n sensitiewe onderwerp, maar soek asseblief raad vir dit, dalk kan jy ''n goeie dieet aanbeveel? Ek eet die nodige volgraan produkte, yoghurt, vrugte en groente ens. Ons eet redelik gesond. Die feit bly staan dat ek elke dag opgeblaas is en voel. Ek gaan ook ongereeld toilet toe en voel net plain weg nie lekker nie. Ek het twee maande terug behandeling gekry vir ''n maagseer en van toe af is ek vreeslik ongereeld en opgeblaas. Die seer het ons nou mooi gedokter maar hierdie ander opgeblaasde gevoel maak my vreeslik ongemaklik. Ek breek ook nie winde nie, so dis nie daardie " bloated"  gevoel nie, dis net ongemaklik. Help asb. Moet ek weer dokter toe gaan vir raad?
Groete
Tammy

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Tammy
Ek is jammer om te verneem dat jy so ongemaklik en opgeblaas voel. Aan die een kant is dit goed om te hoor dat jy nie langer aan 'n maagsweer ly nie, maar nou voel jy steeds sleg. Ek wil graag vir jou aanmoedig om maar weer die dokter te gaan sien omdat hierdie soort simptome deur so baie verskillende toestande veroorsaak kan word. Tot die dokter jou ondersoek het en 'n diagnose gemaak het (bv. prikkelbare dermsindroom, of gastriese refluks of galstene, ens, ens), kan ek nie aanbevelings oor dieetveranderings maak nie. Per slot van rekening eet jy alreeds al die soorte kos wat gesond is en gereeldheid aanhelp (volgraanprodukte, jogurt, vrugte en groente), dus is daar moontlik ‘n tweede probleem wat opgelos sal moet word.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Tammy | 2012/07/26

Dankie DietDoc, waardeer die opinie.
Groete
Tammy

Reply to Tammy
Posted by: DietDoc | 2012/07/25

Beste Tammy
Ek is jammer om te verneem dat jy so ongemaklik en opgeblaas voel. Aan die een kant is dit goed om te hoor dat jy nie langer aan 'n maagsweer ly nie, maar nou voel jy steeds sleg. Ek wil graag vir jou aanmoedig om maar weer die dokter te gaan sien omdat hierdie soort simptome deur so baie verskillende toestande veroorsaak kan word. Tot die dokter jou ondersoek het en 'n diagnose gemaak het (bv. prikkelbare dermsindroom, of gastriese refluks of galstene, ens, ens), kan ek nie aanbevelings oor dieetveranderings maak nie. Per slot van rekening eet jy alreeds al die soorte kos wat gesond is en gereeldheid aanhelp (volgraanprodukte, jogurt, vrugte en groente), dus is daar moontlik ‘n tweede probleem wat opgelos sal moet word.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement