advertisement
Question
Posted by: GVR | 2009-01-22

Oortyd in die ' hospitality'  sector

Ek is ' n eienaar van ' n vakansie oord en het sowat 30 mense wat vir my werk. Ons bedryf is van so ' n aard dat daar 7dae ' n week gewerk moet word en die ure is lank. Tot so 22h00 tot 23h00 saans.

My vraag is dit  vir n bestuurder wat van 6h30 op diens is en nie etenstye kan neem nie, (weens die aard van die werk) en moet werk tot 22h00, 7 dae ' n week, moet ek daardie persoon oortyd betaal of nie.

Ek moet noem dat ek geen voordele bied soos gratis etes, koffie of tee nie. Ek bied wel 50% afslag op die restaurant aan en 20% afslag vir die kroeg.
Ek gee wel 4 dae per maand af, wat nie noodwendig altyd geneem kan word nie, aangesien daar groepe en korporatiewe kliente in die week ingeboek word.
Ek verwag van my bestuurder om na ure moet die kliente te meng en ' n ogie oor die oord te hou.

Soos ek dit verstaan is dit nie nodig dat ek oortyd hoef te betaal nie. Die bestuurder se pligstaat is so dat die op sy pos moet wees.
Vraag twee. Hoe werk ek die salaris uit van die persoon. Ek wat huidiglik die salaris R7000.00 en deel dit deur 30 dae, dit gee my die bedrag per dag. Is dit korrek?


Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageLabour lawyer

In terme van die “Hospitality Industry Wage Determination” mag u nie vereis dat u bestuurder meer as 45 gewone ure per week werk nie, en in sy geval, nie meer as 8 ure per dag nie. As hy langer as hierdie ure werk, werk hy oortyd en moet daarvoor vergoed word.



Die salaris van R7000,00 val onder die Wet op Basiese Diensvoorwaarde se drunpel vir geregtigheid op oortyd.



Die “Wage Determination” bepaal verder dat die bestuurder nie meer as 12 uur op enig dag, insluitend oortyd, mag werk nie en nie meer as 10 ure oortyd per week nie.



Die besoldiging vir gewone oortyd is 1,5 maal die gewone loon. Die werkgewer kan ook beding om die werknemer betaalde verlof te gee in ruil vir oortyd gewerk.



As die bestuurder gewoonlik op Sondae werk, met hy 1,5 sy gewone loon betaal word vir ure gewerk. As hy nie gewoonlik op Sondae werk nie, is die dubbeld die gewone loon. As hierdie bedrag in elk geval minder is as gewone daaglikse loon, moet ten minste die daaglikse loon betaal word.



Oor die algemeen moet ’n werknemer wat vir vyf uur lank gewerk het, ‘n etenspouse van 1 uur gegun word. As die werknemer tydens daardie etenspouse werk of beskikbaar is om te werk, moet oortyd betaal word vir daardie uur. Die werkgewer kan egter ‘n skriftelike ooreenkoms aangegaan met die werknemer om die etenspouse tot 30 minute te beperk.



As die bestuurder 30 dae per week werk, word sy daaglikse loon bereken deur R7000 deur 30 te deel; die uurlikse loon word berekend deur die salaris te deel deur werklike ure gewerk, uitgesluit oortyd ure.



The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement