advertisement
Question
Posted by: Clara | 2011/02/21

Oorpyn

Hi doc

Ek kry verskriklike oorpyn wanneer ek vlieg, maar dis slegs wanneer die vliegtuig begin daal vir landing. Die opstyg is nie ''n probleem nie en ook nie terwyl die vliegtuig vlieg nie, maar sodra hy begin land is dit asof ''n skerp voorwerp teen my oordromme steek. Dit is so erg dat my hele lyf sommer papnat gesweet is in minder as ''n minuut se tyd. Dit voel regtig of ek gek gaan raak. Na die landing is my ore altyd vir ''n paar uur daarna nogsteeds toe en verskriklik seer. Die " oopgaan"  proses is net so seer en gevoelig. Is daar iets wat ek dalk kan gebruik daarvoor. Ek moet weer oor twee dae vlieg en raak sommer benoud by die gedagte. Oordruppels of so iets? Hoekom is dit vir my ore so erg? My man se ore slaan gewoonlik net toe met die landingsproses, maar hy ervaar nooit pyn en ongemak nie en sodra die vliegtuig land is hy weer okay.
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Clara
Dis agv die druk in die middeloor wat opbou. Probeer 'n neusdruppel soos Illiadin/Drixine (in jou NEUS) net voor jy vlieg om die eustacheus buisie wat jou middel oor met die agterkant van die neus verbind, oop te hou. Kou ook kougom terwyl jy vlieg en veral as julle daal. Hoop dit help!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Karin | 2011/02/22

Hi Clara, Ek weet presies hoe dit voel, lekkers suig en kougom kou help nie, maar wat ek gevind het wat defnitief help, dit is magic, is soos Dr Bets sê , neussproei voor jy opstyg en hou dit sommer byderhand en gedurende die vlug, net voor jy land, spuit weer.
(Ek het dit op die internet raak gelees)

Sterkte!

Reply to Karin
Posted by: Cyberdoc | 2011/02/21

Hallo Clara
Dis agv die druk in die middeloor wat opbou. Probeer 'n neusdruppel soos Illiadin/Drixine (in jou NEUS) net voor jy vlieg om die eustacheus buisie wat jou middel oor met die agterkant van die neus verbind, oop te hou. Kou ook kougom terwyl jy vlieg en veral as julle daal. Hoop dit help!
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement