advertisement
Question
Posted by: Wiaan | 2009/09/19

Oorpyn

Ekt so ' n week gelede redelik erg griep gehad en toe oorpyn gekry. Ek het pynpille gedrink en die oorpyn het na so ' n paar uur weg gegaan, maar my oor het toegeslaan en nou wil dit nie weer oopgaan nie. Dit is nou al ' n week en my oor is steeds toe. Ek kan amper nie hoor deur hom nie. Dit voel of daar so ' n effense drukking op hom is.
Wat kan dit wees en wat kan ek doen?
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Wiaan

Die oorpyn word veroorsaak deur verhoogde druk in die middeloor, as gevolg van stuwing van die boonste respiratoriese wee. Ek stel voor dat jy 'n dokter sien vir 'n ondersoek en moontlike antibiotika as behandeling vir die stuwing en inflammasie. Intussen kan jy 'n ontstuwingsmiddel by die apteek kry, soos Sinutab ND, wat moontlike verligting vir jou simptome sal bring.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Monica | 2015/08/31

Ek sukkel die afgelope maande aan en af oorpyn.soms voel dit of ek n drukking in my oor het.self my oor kanaal is geswel.pyn gaan ook af in my nek.gp sien niks in my oor ni.is al moedeloos met al die pyn medikasie wat ek drink.

Reply to Monica

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement