advertisement
Question
Posted by: alta | 2011/03/29

oorname van besigheid en personeel

Ek wil net weet, My werkgewer verkoop sy praktyk aan ''n ander tandarts. die personeel word oorgeneem volgens hulle ooreenkoms. 2 dae voor die oorname ontvang ons ''n brief wat se ons is slegs tydelik vir eenmaand indiens. Wat se die arbeids wet? mag ons aandring op langer kennis of ''n uitebetaling?
dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageLabour lawyer

Re: Oorname van besigheid en personeel

As die praktyk van een tandarts aan ‘n ander tandarts verkoop word as “going concern”, dit wil sê die praktyk gaan voort soos gewoonlik, maar bloot met ‘n ander eienaar, moet alle werkneners van die een werkgewer (verkoper) oorgaan na die diens van die ander werkgewer (koper) op dieselfde, of soortgelyke terme en voorwaardes van diens.

Die nuwe eienaar kan dus nie die werknemers eensydiglik inlig dat hulle na die oorname slegs tydelik vir ‘n een maand tydperk in diens bly nie, mits daardie werknemers reeds permanente werknemers van die vorige eienaar was.

As die diens na ‘n maand beëindig word bloot as gevolg van hierdie kennisgewing, sal dit onbillike ontslag wees en die werknemers sal ‘n eis vir kompensasie hê.

Die nuwe werkgewer is wel geregtig om die werknemers af te betaal (“retrench:), maar moet dan ‘n behoorlike proses volg in terme van die Wet op Arbeidsverhoudinge en wetlikvereiste skeidingspakkette betaal.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cisysymngaisa | 2011/04/14

Reply to Cisysymngaisa

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement