advertisement
Question
Posted by: Christine | 2009/09/25

Oormatige sweet

Hallo dr, ek is ' n 54 jarige vrou. Ek sukkel met verskriklike oormatige sweet. Die dokter het my op Ditropan gesit maar dit help nie baie nie en nou swel ek verskriklik op agv water retensie. My hormone is blykbaar fine en alhoewel my skildklier uitgehaal is, is daar nog ' n stukkie oor en hulle se dit werk goed. Ek kry warm, ek sweet nie net nie, maar ek sal warm kry en die sweet sal my afstroom al is dit baie koud buite. Ek was nie voorheen so nie. Dit afekteer my lewe drasties en ek vrees dit om uit tegaan want ek weet nie wanneer dit weer gaan begin nie. Dit kan vir ' n hele dag aan hou of selfs net ' n paar minute. Ek sit selfs voor die fan en sweet maar die dokters se ek verbeel my dalk of oorreageer. Ek huil al van moedeloosheid en weet nie meer wat om te doen nie.Help asb?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Christine

Jy het definitiewe simptome van menopause en ek stel daarom voor dat jy 'n afspraak by 'n ginekoloog maak, sodat 'n vol hormoon profiel gedoen kan word. Ek stel ook voor dat jy op hormoon vervangings terapie geplaas word.

Verwys ook na die volgende webtuiste: http://en.wikipedia.org/wiki/Menopause

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement