advertisement
Question
Posted by: rita | 2012/03/27

oorgewig na histerektomie

Beste dr. Ek is 45 jaar oud. In die goeie oudae het ek my gewig op 60kg gehou. Deur af en toe eatless eetlusdempers te gebruik. Toe is dit van die mark af en ek tel 18kg op wat ek nie kon af kry nie. Laas jaar januarie het ek n histerektomie gehad. Ek het nog 12kg opgetel (30kg) ek kry dit nie af nie, maak nie saak watter dieet ek doen nie. Op die meeste 7kg en dan niks meer nie. Ek is vet mislik en sweet soos n perd wat vir dae moes hardloop. Asb gee raad. Waar kan ek weer iets soos eatless koop. Dit was al wat vir my gewerk het. Groot asb HELP

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Rita
Ek is jammer om te hoor dat jy 30 kg opgestel het. Die eetlusdempers soos Eetless het norepinefrien bevat wat nie net die aptyt onderdruk het nie, maar ook verslawend was. Dit is dan ook die rede hoekom sulke produkte van die mark verwyder is. Ek wil voorstel dat jy jou huisarts vra of hy/sy vir jou of Xenical of Alli, of Ciplatrim kan voorskryf. Dit is dan ook nodig om 'n lae-energie, lae-vet dieet saam met sulke produkte te gebruik en om so veel oefening as moontlik te doen. Begin stadig met die oefening soos om elke dag te gaan stap en vermeerder dan hoe flink en ver jy stap soos jy fikser word.
Hopelik sal jy wel een van hierdie produkte kan gebruik om jou te help om daardie gewig te verloor, maar onthou die dieet en die oefening is essensieel.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/03/27

Beste Rita
Ek is jammer om te hoor dat jy 30 kg opgestel het. Die eetlusdempers soos Eetless het norepinefrien bevat wat nie net die aptyt onderdruk het nie, maar ook verslawend was. Dit is dan ook die rede hoekom sulke produkte van die mark verwyder is. Ek wil voorstel dat jy jou huisarts vra of hy/sy vir jou of Xenical of Alli, of Ciplatrim kan voorskryf. Dit is dan ook nodig om 'n lae-energie, lae-vet dieet saam met sulke produkte te gebruik en om so veel oefening as moontlik te doen. Begin stadig met die oefening soos om elke dag te gaan stap en vermeerder dan hoe flink en ver jy stap soos jy fikser word.
Hopelik sal jy wel een van hierdie produkte kan gebruik om jou te help om daardie gewig te verloor, maar onthou die dieet en die oefening is essensieel.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement