advertisement
Question
Posted by: Letitia | 2009/10/15

OORGEWIG KIND

Hi Doc

Ek het ' n agt jarige dogtertjie wat verskriklik lief vir eet is. Sy is ietwat oorgewig veral om die maag, ons weet nie hoe om te maak dat sy minder eet nie want dit is nie altyd dat sy slegte kos eet nie maar net so baie daarvan.

Enige raad asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Letitia
Dit is altyd belangrik met oorgewig kinders dat mens eers vir hulle laat ondersoek deur 'n geneesheer om vas te stel of hulle oorgewig nie dalk die resultaat is van 'n onderliggende fisiologiese probleem. Indien jou dogtertjie deur die dr ondersoek word en hy/sy geen fisiologiese probleem identifiseer nie, dan wil ek graag aanraai dat julle 'n dieetkundige spreek, aangesien die dieetkundige 'n dieet sal moet uitwerk vir die kind wat haar laat gewig verloor, maar steeds al die voedingstowwe bevat wat sy nodig het om gesond te groei. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Afgesien van so 'n verslankingsdieet behoort alle kinders, maar veral die wat oorgewig is, elke dat vir ten minste 'n uur aan 'n fisiese aktiwiteit deel te neem (sport, swem, fietsry, touspring, ens). Moedig die kind aan om so aktief as moontlik te wees, want in jong kinders help oef

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2014/01/09

My 5 jarige ook oorgewig Maar eet glad nie groente nie. Ons eet groente Maar die kind weier van babatyd af Help asb

Reply to Anonymous
Posted by: DietDoc | 2009/10/16

Beste Letitia
Dit is altyd belangrik met oorgewig kinders dat mens eers vir hulle laat ondersoek deur 'n geneesheer om vas te stel of hulle oorgewig nie dalk die resultaat is van 'n onderliggende fisiologiese probleem. Indien jou dogtertjie deur die dr ondersoek word en hy/sy geen fisiologiese probleem identifiseer nie, dan wil ek graag aanraai dat julle 'n dieetkundige spreek, aangesien die dieetkundige 'n dieet sal moet uitwerk vir die kind wat haar laat gewig verloor, maar steeds al die voedingstowwe bevat wat sy nodig het om gesond te groei. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Afgesien van so 'n verslankingsdieet behoort alle kinders, maar veral die wat oorgewig is, elke dat vir ten minste 'n uur aan 'n fisiese aktiwiteit deel te neem (sport, swem, fietsry, touspring, ens). Moedig die kind aan om so aktief as moontlik te wees, want in jong kinders help oef

Reply to DietDoc
Posted by: C | 2009/10/15

Ek het vir jare dieselfde probleem met my dogter gehad. Uit my ondervinding het ek geleer dat jy kan die perd tot by die water kan bring, maar hom nie kan maak drink nie. Jy kan ' n voorbeeld stel deur self reg te eet en oefening probeer afdwing en probeer om enige vetmaak-kos uit jou huis te hou, maar meer as dit kan jy nie doen nie. My dogter van 15 het nou eers begin besef hoe haar oorgewig-probleem haar selfbeeld ' n knou gee en uit haar eie vanaf die begin van die jaar aan sport begin deelneem en beter begin eet met die gevolg dat sy al 16 kg verloor het. As ek jou raad kan gee, probeer dit nou regstel (nie met kritiek nie, maar met motivering). Dit het al baie trane in my huis veroorsaak.

Reply to C

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement