advertisement
Question
Posted by: Muis | 2008/09/09

oorgewig kind

ek sukkel met my kind se gewig vandat sy 8 jaar oud geword het en haar mangels verwyder is. Ek is 39 en weeg 58kg en my man 43 en weeg 93kg. Ek verstaan nie hoekom my arme elfjarige dogtertjie oorgewig bly (sy week 45kg) ten spyte van die feit dat sy trampolien spring, twee tot drie keer per week dans (hip-hop), hokkie speel en alke dag swem in die somer. Sy kry ook net gesonde kos skool toe (papaya en ander vrugte, laevet yogurt, een volgraan broodjie) water of twee keer per week gegeurde water) en geen daaglikse snoepie geld nie. Ek beheer dit en sal eerder een maal per week jelly babies koop. Ek het al haar bloed laat toets, maar als normaal. Sy is baie selfbewus as mens oor haar gewig praat en hou glad nie daarvan nie. Sy is verder ' n pragtige kind wat baie goed presteer op skool en graag deelneem aan verskeie aktiwiteite, glad nie skaam nie. Wat nou? Help asb

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Muis
Ek kan verstaan dat julle bekommerd moet wees oor julle dogtertjie se gewig. Die gemiddelde gewig van 14-jarige meisies is 46 kg, dus is sy wel taamlik oorgewig. Het julle al 'n Endokrinoloog ('n mediese dr wat spesialiseer in hormoonwanbalanse) geraadpleeg? Indien nie, sal ek aanbeveel dat julle so 'n spesialis sien net om seker te maak dat daar nie 'n onderliggende hormoonwanbalans is nie. Ek dink dit sal ook 'n goeie idee wees om 'n dieetkundige te konsulteer. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om die naaste dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal 'n dieetgeskiedenis moet doen en dan uitwerk of jou kind meer energie inneem as wat sy daagliks verbruik. Daar is ook die aspek van depressie, 'n toestand wat gewigstoename kan veroorsaak en gewigsverlies kan belemmer. Indien sy moontlik aan verskuilde depressie sou ly, sal dit goed wees om 'n kliniese sielkundige wat met kinders werk, vir hulp in te roep. Die feit dat sy so aktief is, is wonderlik want baie deskundiges meen dat oefening die belangrikste faktor in gewigsbeheer by kinders is.
Ek hoop julle kan uitvind watter van hierdie moontlike faktore jou kind se gewig beïnvloed en dit dan kan verbeter.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: mia | 2013/12/31

Ekke is 12 en ekke sukkel al die tyd van 10 jaar met my gewig. Ekke speel deegliks sport ek swem en neem aan verskeindenheid aktiwiteite deel , maar ekke wil net nie daai gewig afskut nie

Reply to mia
Posted by: Jean | 2008/09/09

Is haar skuldklier getoets

Reply to Jean
Posted by: Maryke | 2008/09/09

Hi Muis

Ek was ook oorgewig as kind, ek het 60kg geweeg op die ouderdom van 12, ons het n gesonde leefstyl gehad(en ons het miskien 1dag van die week n sweetie gekry)

op haar ouderdom is dit n baie touchy subject om aan te raak(ek was ook daar deur) die dr het my in gr 3 verwys na n dietkundige maar die dietkundige het daai tyd vir my ma gese daar is niks mee fout nie en ek sal dit ontgroei, en so was dit oe ook,

begin van gr10 het ek n 40 broek gedra begin gr11 n 36 ek het nog steed dieselfde hoeveelheid geeet presies dieselfde kosse ek het dit noet ontgroei!

Ek het natuurlik alles weer opgetel want in matriek het ek hand uit geruk met my eet gewoontes(tot my bittere spyt) maar is sterk oppdad na my 36 toe weer.

byt maar net vas met haar, sy sal dit ontgroei! Ek dink nie jy het nodig om te bekommerd te wees nie.

Reply to Maryke
Posted by: Zexeon | 2008/09/09

Hoe lank is jou kind, sy kan nog altyd die gewig ' ingroei' .

Reply to Zexeon

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement