advertisement
Question
Posted by: Annelize | 2012-10-18

Oorgewig en moeg gesukkel

Hi daar ek weeg 109kg, ek is 1.63m lank. Ek gym 5 dae ''n week, eet gesonder maar verloor nie juis iets nie. Ek weet nie of ek ''n skildklier probleem of insullien probleem het nie. Ek het nie nou geld om ''n dokter te sien en toetse te gaan doen nie. Ek wil graag so 35kg verloor maar weet nie meer wat om te doen nie. Ek probeer hard maar sien nie juis vordering nie. Wat kan ek doen asseblief.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Annelize
Met jou huidige gewig van 109 kg, is jou BMI = 41 wat baie erg obees is. Dit sal wonderlik wees as jy wel die 35 kg sal kan verloor, want dan sal jou BMI net bokant die boonste vlak van normaal wees en jy sal baie meer mobiel wees. Om egter 35 kg te verloor, is 'n tamaai taak. Ek sal aanraai dat jy by jou naaste staatshospitaal aanklop om uit te vind of hulle nie dalk 'n obesiteitkliniek het nie waar jy miskien hulp sal kan kry aangesien hierdie oorgewig jou gesondheid bedreig. Dit sal ook help om 'n verslankingspil soos Xenical of Alli te gebruik saam met 'n baie-lae-vet-dieet. Maar albei medisyne is nogal duur, dus sal die hulp van 'n staatshospitaal moontlik die antwoord wees. Hou asb aan met die oefening aangesien dit oor tyd, wel sal help om gewigsverlies aan te help.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: belinda | 2012-11-16

Hi ek sukkel geweldig om gewig te verloor moet 40kg verloor sukkel geweldig eet amper ni ma bly dik

Reply to belinda
Posted by: Annelize | 2012-10-19

Kry mens Xencial en Alli net op voorskrif ?

Reply to Annelize
Posted by: DietDoc | 2012-10-18

Beste Annelize
Met jou huidige gewig van 109 kg, is jou BMI = 41 wat baie erg obees is. Dit sal wonderlik wees as jy wel die 35 kg sal kan verloor, want dan sal jou BMI net bokant die boonste vlak van normaal wees en jy sal baie meer mobiel wees. Om egter 35 kg te verloor, is 'n tamaai taak. Ek sal aanraai dat jy by jou naaste staatshospitaal aanklop om uit te vind of hulle nie dalk 'n obesiteitkliniek het nie waar jy miskien hulp sal kan kry aangesien hierdie oorgewig jou gesondheid bedreig. Dit sal ook help om 'n verslankingspil soos Xenical of Alli te gebruik saam met 'n baie-lae-vet-dieet. Maar albei medisyne is nogal duur, dus sal die hulp van 'n staatshospitaal moontlik die antwoord wees. Hou asb aan met die oefening aangesien dit oor tyd, wel sal help om gewigsverlies aan te help.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement