advertisement
Question
Posted by: isabel mc donald | 2012-05-21

oorgewig

Ek wil baie graag raad he oor my gewigs probleme wat ek nou al vir n geruime tyd ondervind, ek is op anti depresante 150mg venlor en op carloc 12,5 mg, simvastatin 20mg en ook op 150mg gluckophase tablette. Is daar enigsins van die medikasie wat my gewig laat optel, want ek word net swaarder by die dag?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Isabel
Dit is 'n feit dat beide depressie en antidepressante uitgesproke gewigstoename of -verlies kan veroorsaak. Dit is dus belangrik om hierdie probleem met die gewigstoename met die dokter wat jou vir depressie behandel te bespreek. Aangesien jy blykbaar ook aan insulienweerstand en hoe-cholesterol ly, wil ek voorstel dat jy 'n geregistreerde dieetkundige sal raadpleeg. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.adsa.org.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal vir jou help met 'n lae-vet, lae-GI dieetvoorskrif sodat jy die probleme met jou insulienweerstandigheid en hoe-cholesterol kan bekamp en ook gewig sal kan verloor.
Probeer ook om elke dag vir ten minste 30 minute aktief te wees (bv. flink stap of touspring), aangesien dit vir al die verskillende toestande sal help en mens ook opbeur.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012-05-21

Beste Isabel
Dit is 'n feit dat beide depressie en antidepressante uitgesproke gewigstoename of -verlies kan veroorsaak. Dit is dus belangrik om hierdie probleem met die gewigstoename met die dokter wat jou vir depressie behandel te bespreek. Aangesien jy blykbaar ook aan insulienweerstand en hoe-cholesterol ly, wil ek voorstel dat jy 'n geregistreerde dieetkundige sal raadpleeg. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.adsa.org.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal vir jou help met 'n lae-vet, lae-GI dieetvoorskrif sodat jy die probleme met jou insulienweerstandigheid en hoe-cholesterol kan bekamp en ook gewig sal kan verloor.
Probeer ook om elke dag vir ten minste 30 minute aktief te wees (bv. flink stap of touspring), aangesien dit vir al die verskillende toestande sal help en mens ook opbeur.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.