advertisement
Question
Posted by: melanie | 2011/03/31

oorgewig

Ek post weer dieselfde vraag want ek kry nie my antw oop nie,ek wil graag weet ek gebruik ciplatrim het 8kg verloor in n maand,nou het ek verlede week uitgevind dat ek n onderaktiewe skuldklier het hulle het my eltroxin gegee nou wil ek graag weet sal dit nou beter gaan om gewig te verloor want ek sukkel al jare met gewig verloor en kan ek die 2saam gebruik want ek kry vreeslike hartkloppings.baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Melanie
Hier is weer my antwoord op jou vraag:
'n Onderaktiewe skildklier kan wel veroorsaak dat mens sukkel om gewig te verloor. Die Eltroxin, wat 'n skildklierhormoon-vervanging is, sal wel help om jou metabolisme minder traag te maak. Dit kan egter tot 3 maande duur totdat die skildklier weer beter begin werk. Ek is egter bekommerd omdat jy noem dat jy aan vreeslike hartkloppings ly. Gaan ASSEBLIEF dadelik terug na die dr sodat hy/sy kan bepaal of jou dosis Eltroxin korrek is en/of die kombinasie van Eltroxin en Ciplatrim moontlik hierdie vreeslike hartkloppings veroorsaak. Die dr sal moet bepaal of jou dosis Eltroxin korrek is, al dan nie, en dit aanpas volgens jou reaksie. Studies het aangedui dat verslankingsprodukte wat sibutramien bevat, wel probleme met die bloedsirkulasie sisteem kan veroorsaak. Pasiënte word dus aangeraai om enige veranderings in bloeddruk, hartklop of algemene welsyn dadelik aan die voorskrywende dr te rapporteer. Dit is belangrik omdat daar ook 'n verhoogde voorkoms van hartprobleme en beroerte gevind is by pasiënte wat sibutramien geneem het.
Gaan sien dus jou dr so gou as moontlik.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/03/31

Beste Melanie
Hier is weer my antwoord op jou vraag:
'n Onderaktiewe skildklier kan wel veroorsaak dat mens sukkel om gewig te verloor. Die Eltroxin, wat 'n skildklierhormoon-vervanging is, sal wel help om jou metabolisme minder traag te maak. Dit kan egter tot 3 maande duur totdat die skildklier weer beter begin werk. Ek is egter bekommerd omdat jy noem dat jy aan vreeslike hartkloppings ly. Gaan ASSEBLIEF dadelik terug na die dr sodat hy/sy kan bepaal of jou dosis Eltroxin korrek is en/of die kombinasie van Eltroxin en Ciplatrim moontlik hierdie vreeslike hartkloppings veroorsaak. Die dr sal moet bepaal of jou dosis Eltroxin korrek is, al dan nie, en dit aanpas volgens jou reaksie. Studies het aangedui dat verslankingsprodukte wat sibutramien bevat, wel probleme met die bloedsirkulasie sisteem kan veroorsaak. Pasiënte word dus aangeraai om enige veranderings in bloeddruk, hartklop of algemene welsyn dadelik aan die voorskrywende dr te rapporteer. Dit is belangrik omdat daar ook 'n verhoogde voorkoms van hartprobleme en beroerte gevind is by pasiënte wat sibutramien geneem het.
Gaan sien dus jou dr so gou as moontlik.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.