advertisement
Question
Posted by: Liesl | 2009/11/16

Oorgeskakel op Levemir - -|- role swak

Ek'  s reeds 30 jaar '  n tipe 1 diabeet. Was op Protaphane (11 soggens 10 saans). Laas week oorgesit op Levemir (22 soggens). Spuit steeds NovoRapid voor ontbyt (2 eenhede). Bloedsuiker val aanhoudend in die middag (alhoewel ek dan geen NovoRapid gespuit het nie), maar gaan snags (in die vroë  -oggendure) op na 20+!! Ek raak moedeloos en oorweeg om terug te gaan na Protaphane. Ek lewe deurgaans in vrees vir '  n hypo en my toetsstokkies hou nie, aangesien ek feitlik elke 2 ure toets. Gaan dit dalk beter gaan as ek ook, soos met die Protaphane, soggens 11 en saans 10 eenhede spuit? Ek sal dit waardeer indien u vir my raad kan gee, want ek ken nog nie die werking van Levemir nie en dis moeilik vir my internis om dit oor die foon te beheer (sy ken my ook maar van laas week af). Baie baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Liesl
Mens kan Levemir in twee dosisse per dag spuit ( 12 ure uit mekaar), maar ek dink jy moet eerder dat jou spesialis daaroor besluit - ek stem egter saam dat hoe jy dit nou gebruik nie werk nie! Die soggens 11 en saans 10 E gaan waarskynlik beter werk vir jou.
Dr Bets
Sien http://www.levemir-us.com/important-safety-information.asp

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2009/11/16

Hallo Liesl
Mens kan Levemir in twee dosisse per dag spuit ( 12 ure uit mekaar), maar ek dink jy moet eerder dat jou spesialis daaroor besluit - ek stem egter saam dat hoe jy dit nou gebruik nie werk nie! Die soggens 11 en saans 10 E gaan waarskynlik beter werk vir jou.
Dr Bets
Sien http://www.levemir-us.com/important-safety-information.asp

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement