advertisement
Question
Posted by: Carla | 2010/05/26

Oor infeksie

My 7 maande oue seuntjie het nou 2 keer oorinfeksie gehad en was op antibiotika. Hy het volgende week ''''n afspraak by die ENT om te kyk of die drukking en vog beter is. (Die GP het aanbeveel ek vat hom 5 weke na die laaste infeksie soontoe). Gister was hy by die Pediater vir sy roetine ondersoek. Sy sê  toe vir my sy oortjies en keel is baie rooi. Ek kan egter nie agterkom dat hy "  siek"  is nou nie, want hy huil en skree nie soos die vorige kere nie. Hy slaap ook goed. Moet ek hom steeds ENT toe vat? Iemand wat ek ken het sy Homopaat gebel, wie aangedui het dat ek hom dalk eers soontoe vat dat hy kyk of dit ''''n allergie is wat dit veroorsaak of wat, want hy dink nie ''''n 7 maande oue babatjie moet grommets kry nie. Wat is u opinie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Geagte Carla

Jou baba mag lei aan otitis media met effusie, of gom oortjies, wat beteken dat die vog van die infeksie nie volledig opgeklaar het na die behandeling nie, dus kan jou kind steeds nie hoor nie. Dit sal ernstige gevolge vir sy latere ontwikkeling beteken. Daar is geen minimum ouderdom vir die plasing van grommets nie, dit word aanbeveel as die kind dit benodig, al is hy heelwat jonger as jou kleintjie. Sommige siektetoestande benodig grommets binne ses weke na geboorte, en wanneer hierdie babas narkose kry om ander probleme op te klaar, word grommets terselftertyd ingeplaas.
Redes (indikasies) vir grommets:
1. Herhalende akute infeksies
2. Otitis Media met effusie wat persisteer vir langer as drie maande
3. Sekere mediese toestande
4. Tydens oorchirurgie vir ander redes
Die huidige toestand wat jou seun het , het nie simptome nie, en word dus baie gemis, met nadelige gevolge vir die kind.
Ek stel voor dat jy die ONK sien om die probleem te formuleer, en besluit dan saam of enige ingrepe nou nodig is. Dit mag dalk net nodig wees om nou 'n gehoortoets te doen om die stand van die gehoor te bepaal.


Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: magda | 2010/08/15

my kleinkind het oorinfeksie,dit lyk soos geel sweersel wat uitloop. My dogter heti medies nie. Wat staan ons te doen?

Reply to magda

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement