advertisement
Question
Posted by: HVZ | 2009/09/25

OOP WOND - PAPAJA???

Ek het gehoor van ' n boereraat wat papajaskille behels, op ' n oopwond. My man se been het die afgelope 2 jaar ' n groot oop wond wat nie gesond wil word, Weet enige iemand iets omtrent die papaja raat? Die drs. noem die wond ' n Ulcus. Enige ander raat sal ook welkom wees.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

'n Wond wat twee jaar oud is, het spesialis behandeling nodig. Dit is gewoonlik die gevolg van swak bloed voorsiening na die been, swak dreinering van die been of 'n chroniese toestand, bv. diabetes, wat die genesing van die wond inhibeer.

Die oorsaak moet aangespreek word.

Intussen kan jy granuflex dressings gebruik of gewone sout/saline (by enige apteek beskikbaar) oplossing. Die sout oplossing "dressings" moet drie tot vier maal per dag vervang word. Die belangrikse vir genesing is elevasie van die been. Dit bevorder genesing van die wond deur bloed voorsiening te verbeter.

HY MOET DIE BEEN ELEVEER TOT OP DIE VLAK VAN SY HART vir 'n periode van 23 uit die 24 uur van die dag. Dit is nie altyd so prakties nie, maar in praktyk het dit vir my baie sukses gegee.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement